Kookwater en ander Entrepreneurs van HOOP

Man, maar ek het Sondag ‘n preek so in my kraal gehoor. Ek som kortliks op: Uitgebreide navorsing dui daarop dat 65% VAN ALLE MENSE OP AARDE DINK DAT MORE ‘N SLEGTER DAG GAAN WEES AS VANDAG.   Ons taak is nie om by te dra tot die statistieke deur gedurig negatiewe dinge oor alles en almal kwyt te raak nie.  (Kyk maar hoe graag word die polisie, die munisipaliteit, die hospitale, die regering en vele meer op Facebook afgekraak) ONS TAAK AS CHRISTENE IS OM ENTREPRENEURS VAN HOOP TE WEES. 

In Kraaifontein is ‘n groep gestig wat Saterdae vullis optel. In my grootworddorp Prins Albert hou die gemeenskap van alle rasse sesmaandeliks ‘n bymekaarkomdag met die tema ‘GROET IS ‘N MOET’.  Dit bring gemeenskappe bymekaar.  In Newton en Mbkweni is groepe wat omsien na die ouer mense en die jong kinders.  Daar is vele voorbeelde van verspreiders van HOOP.  Ek belowe om my deel te doen om HOOP te versprei in ons land.  Wil jy nie help nie asb.?  


Net kortliks ‘n klompie items in die winkel om jou beursie ook hoop te gee:

  • Melrose Kaaswiggies R19.50 – vir die terugskooltoe kosblikke
  • Barney Yoghurt R9.50 per sespak
  • Amandelmeel R45 per kg.
  • Bloubessies R12.50 per bakkie
  • Gouda en Mozzarella kaas R69 per kg.  Ons het ook nou 850gr goudakaasblokke.
  • Enkelbed sponsmatrasse R490 – by Daai Kookwater Winkel in Newton
  • WATERBLOMMETJIES R45 per kg
  • En natuurlik nog LINDT SJOKOLADES R19.50 per ‘SLAB’
  • R5 vir 2 LITER KOELDRANK (Mountain Dew)

Ek deel graag Riaan Palmer se berig op Facebook oor mense se swak spellings

  • V: Enige raad om by die huis ‘n vraaitjie te laat verwyder?
  • A: Hou op om vir hom kos te maak.
  • V: Wat kan dit wees maats ek voel so moeg kani my oe oop hou ni ek is ge ireteurt en emosineel wil net huil.
  • A: Lees ‘n boek of gaan slaap.  Maar lees definitief ‘n boek.
  • V: Het enige iemand dalk ‘n skedile van beurtgraf?
  • A: ‘Beurtgraf’ is die minste van jou probleme.  Lees ‘n boek.
  • V: Wat word vrees vir ‘n haaie genoem?A: Common Sense.
  • V: Goeie dag Montana.. Beste plek om trou rokke te laat bak?
  • A: Fokus Magriet! Hierdie is belangrike vrae. Jy kan nie bekostig om foute te maak nie.
  • V: Kan iemand my help hoe om melktert te maak asb ekt kla die pasta en eie by gegooi…
  • A: Magriet Jy’s dronk.  Haal die macaroni uit die wasmasjien en gaan klim in die bed.
  • V: Wie doen nails in ellisras wat nie ‘n appel en n uie gaan vra nie
  • V: Ek soek’n leka pot boot en piper mint tert resep.
  • A: Magriet, jy’s nog steeds dronk.  Ek dog ek het gese jy moet gaan slaap…

HOOP jy het ‘n heerlike dag.

Hope lekker groetesPositiewe Frans.

NS: My ma het altyd gese as jou hoop te groot word, moet jy versit…….. maar dis nou weer iets heeltemal anders……