Kookwater Avo’s, Parkies en Produktiewe jare

Posted on

‘n UItgebreide studie in die VSA het getoon dat die produktiefste jare in ‘n mens se lewe tussen 60 en 70 is.  Die tweede produktiefste tydperk is tussen 70 en 80 en die derde produktiefste is tussen 50 en 60.  Die gemiddelde ouderdom van Nobelpryswenners is 62.  Die gemiddelde ouderdom van die presidente van prominente maatskappye in die wereld is 63.  Die gemiddelde ouderdom van die pastore van die 100 grootste kerke in Amerika is 71.  Die gemiddelde ouderdom van die Pouse is 76.  ‘n Artikel in die New England Journal of Medicine het ook gevind dat op 60 jy die top van jou potensiaal bereik en dit hou aan tot 80.    Ouderdom is net ‘n nommer.  Hou op aftree en dink dat jy niks werd is nie.  Kookwater se baas beplan nie om op 60 of 65 erens te gaan sit en vrek nie.  Daar is te veel dinge wat gedoen moet word.  Daar is te veel mense wat gehelp moet word.  Daar is nog vele plekke om ‘n verskil te maak.   My ma het altyd gese: Die oud is niks nie, dis die DERDOM wat die moeilikheid maak in ouderdom.
 
Om lekker oud te word moet jy van jongs af gesond eet.  Kookwater help graag:

  • 2 Avo’s vir R10.  Ripe and ready.
  • Amandels R135 per kg.  Rou, Gerooster en Gerooster&gesout.5
  • Die volgende hou jou beursie lekker gesond:  KAAS: Cheddarella, gerasperde Cheddar en Gouda R65/kg.  Cheddar en Gouda vanaf R75/kg.  Rooiskil Gouda R99/kg.
  • Daar is natuurlik ook die produkte wat jou gemoed gesond hou:  Starbucks Koffiekapsules 10 vir R35 of 30 vir R90.  Ferrero Rocher sjokolades 30 vir R99. Proteas – 3 vir R55 en natuurlik blomplantjies teen R9.50 per sespak.
  • Die goedvoelprodukte is wanneer jy weet jy help iemand wat nie skaam is om sy hande uit sy sakke te haal en hard te werk nie.  (dis natuurlik tot jou voordeel as jy so sukkel om die nat hout aan die brand te kry)  Beginsels (fire starters) – kurkdroe plankie teen R15.  Hierdie plankies word gesaag, gekloof en gepak deur werklose mense in jou omgewing.  Niemand staan bakhand en bedel nie, Kookwater vra jou nie om geld te skenk nie.  Wees verseker dat hierdie prys, soos alle ander pryse in ons winkel uiters laag is.  ‘Fire Starters’ is nie sommer beskikbaar teen R15 nie.  Kyk gerus in ander winkels.

Die lekkerste projek wat ons eerskomende Saterdag aanpak is die Parkies vir Kersfees.  Kookwater en ‘n klomp vrywilligers gaan eerskomende Saterdag, 6 November, begin om die parkies in Newton se speeltoerusting te verf.  Die Drakenstein Munisipaliteit verskaf die verf en toerusting en ons soek vrywilligers om die arbeid te verskaf.  Ons werk van 9 tot 12 en ons gaan Saterdag die parkie in Kanaalstraat te speelgoed verf, die swaaie regmaak en die gras sny.  Komaan,  waar is die ouens en vrouens wat altyd ‘n plek soek waar hulle ‘n verskil kan maak.  Kookwater het reeds die parkie agter ons winkel geverf met ons eie werkers.  Ons tel elke 2e dag die papiere op en ons sny elke 2e week die gras.  Ons het ook 3 ander parkies wat ons weekliks skoonmaak.  Ons haal ook die graffitti af in die parkies waar ons werk. Is daar nie nog besighede of individue wat ons wil help nie?  Dit kos R230 per week per werker wat 3 parkies se papiere weekliks optel.  Dis werkloses wat in hul eie buurte werk.  Ek kontroleer dat dit nie ‘n ‘salaris’ werk is nie. Geen werk geen betaling.  Ek haat onproduktiwiteit.  Ek haat ook vuil parkies.  Die buurtwagte doen wonderlike werk in hul buurte.  Ek het al gehoor van een of twee buurtwagte wat saam met die kinder en mense in hul buurte hul eie parkies geverf het en mooi hou.  Wonderlik.
 
Dis my dorp,  Ek wil nie skaam wees daarvoor nie.  Ek sal ‘n verskil maak.  Wil jy nie help nie?  084-2334 899 – los ‘n whatsapp of sms en kom help Saterdag.
 
Gesonde groete
Produktiewe Frans