Donker Dae en Koningsproteas

Posted on

Skootrekenaars help nogal baie in hierdie donker dae met al die ‘Black Friday specials’ van Eskom.   Batterykrag help ook om Kookwater se masjiene aan te hou.  Ons laat ons nie onderkry deur nietighede soos beurtkrag nie.  Dis so maklik om moedeloos te raak.  Daar is vele redes om moed op te gee, maar daar is veel meer nog beter redes om positief te bly:

  • Dis heerlike weer en die Boland is vol in die blom.  Die wereld is grasgroen en vol kleur.  Die bougainvillas blom vanjaar uitbundig.  Moenie dat jou tuin agterbly nie – ons het pragtige grasangeliere teen R9.50 per sespak.
  • Die Boland het die mooiste blomme.  Bring die kleur in jou huis in.  5 Koningsproteas vir R55.  Ons pragtige speldekussings en fynbosruikers sal jou gemoed maklik lig.
  • Help kinders om die kersfees in hul parkies te baljaar.  Daar is geen mooier gesig as kinders wat heerlik swaai en voluit en uitbundig speel in hul parkies nie.  Kinders het nie ‘n keuse waar hulle grootword nie, maar ons kan dit opvrolik.  Ons het reeds met die ondersteuning van die Drakenstein munisipaliteit 2 parkies volledig geverf en in werkende toestand gekry in Newton.  Ons maak weekliks 5 parkies rommelvry en probeer om dit mooi te maak.  Ons benodig hande om te help verf, maar sal nie ophou omdat niemand wil help nie.  Daar is nog vele parkies met hordes kinders wat graag net wil speel.  
  • Bly positief deur jou nie te laat afsit deur nietighede nie.  Moenie toelaat dat negatiewe mense jou visie vertroebel nie.  Fokus op iets groots.  Die kraai (raven) is blykbaar die enigste dier wat die moed het om ‘n Arend aan te val.  Hy sit op ‘n Arend se rug en pik hom agter die kop – sien foto.  Die Arend se antwoord is nie om in ‘n geveg met die kraai te gaan nie.  Hy sprei net sy vlerke en vlieg hoer en hoer totdat die suurstof so min raak dat die kraai afval.  Moenie jou tyd mors met kraaie nie.  Vat hulle tot op jou hoogte en hulle sal vanself afval.  Fokus op jou sterkpunte en ignoreer die klein jakkalsies wat die wingerd verniel.

Kookwater help graag die ouens en vrouens wat heerlik voel as hulle ‘n lekker inkopielopie agter die rug het waarin hulle hope geld gespaar het:

  • Tamatieprodukte: 700ml Glasbottel tamatiepuree R19.90,  140ml buisie Tamatie ‘paste’, 410gr blikkies kersietamaties en gesnipperde tamaties R14.90.
  • Laughing Cow kaasdriehoekies R15
  • Die reuse verrassings geld nog steeds:  3 pakke WRAPS vir R30,  STARBUCKS KOFFIEKAPSULES R90 vir 30 kapsules (7 soorte/geure), Fitch & Leeder 1 liter Dry Lemon, Ginger Ale en Tonic Water R20 vir 3 x 1 liter.  
  • Ferreiro Rocher :  3 balletjies vir R19.50,  6 balletjies in geskenkpakkie vir R45 en 30 balletjies vir R99.
  • Amandels R135 per kg.  Kom koop genoeg vir die somersvakansie of die langpad.  Ons het ‘n groot verskeidenheid neute, vrugterolle en vele ander gesonde produkte.

Jou dosis humor sal ook help om deur die dag te kom:

  • Ek stress nou!!!  My blinde pel kom vanoggend vra of ek nie vir hom R100 kan leen nie.  Ek gee hom toe my laaste en hy se sowaar hy sal my terugbetaal wanneer hy my weer sien.
  • VROU: Wat sal jy maak as jy ‘n miljoen rand wen in die Lotery en op dieselfde dag word ek ontvoer en ‘n miljoen rand losprys word ge-eis?    MAN:  Ek twyfel nogal of ek 2 jackpots op een dag sal slaan.
  • Ek is nou amptelik klaar met drank.  Ek wag nou net vir die naweek om dit te vier.
  • Ek het net gister uitgevind hoekom ek oorgewig is.  Dis die Sjampoe wat ek gebruik.  Dit loop teen my lyf af as ek stort en hulle waarsku nogal op die botteltjie: “Adds extra body and volume”.    Ek gaan van nou af skottelgoedseep gebruik: “dissolves fat that is otherwise difficult to remove”.

Mag jy en die Bokke ‘n heerlike week en naweek beleef.  Ek moet toegee dat die Skotte se volkslied? Flower of Scotland, nogal vir my baie mooi is.  Ek gaan dit Saterdag baie geniet om dit te luister, maar dan dit nog meer geniet as ons hulle lekker oprol in die wedstryd.  Dis altyd lekker as die Bokke teen Suid Afrika A speel (die helfte van Skotland se span is mos trots Suid Afrikaans).
 
Positiewe Groete
Frans – die Blom van Wellington
aka Flower of Kookwater.