Kook ‘n storm los by Kookwater

Posted on

Ek het aan baie onderwerpe gedink vir die nuusbrief, maar elke keer as die wind huil om die hoeke en die groot druppels val op die sinkdak.is my gedagtes weer terug by die koue en die reen.  Kom ons probeer dan maar om die heerlike winterweer te geniet.  Ons het alles wat pas by hierdie koue en nat weer:

  • Koffie: Jacobs 3 in 1 – R37.50 vir 10 sakkies, Cafe a la Carte R25 en koffiebone R14.50.  Rond hierdie af met heerlike Tim Tam koekies (R15) en beskuit (R18).  Ons kry die beskuit eers vanmiddag in.
  • 3 Avokadopere vir R10.  Ek lees al hoe meer hoe goed die outjies vir jou is.  Ek eet dit eintlik net omdat dit lekker is.  Op ‘n roosterbrood met Jimmy’s se sout is my gunsteling.
  • SAP – Ons het ‘n wye verskeidenheid sappe en ystee.  2 liter Rhodes sap R19.90 (tans R39.99 elders) Appel, Bessie, Lemoen en vele meer.  Ons het ook heelwat 200ml sappies van Ceres, Rhodes, ens teen R23 vir 6.  Dis kosblikmateriaal hierdie.  Bos ystee – vele geure kos ook net R23 vir 6.  Pomp die kinders vol vitamien C voor hulle skool toe gaan.
  • Hand Sanitizer R19.50 vir 100ml.  Stuur dit saam skooltoe.  Die prys is lekker laag.  70% alkohol – Jel based.
  • Waterblommetjies R35 vir 500gr.  Dis mos die regte weer vir ‘n lekker bredie.  
  • Simba Chips R14.50 vir ‘n grootpak – Chilly Biltong geur.  Heerlik.
  • Ek kan die storms trotseer as die huis binne mooi lyk.  Ons het vandag vars orgidiee ingekry – 2 stele blomme vir slegs R100.  My blomme hou al amper 3 weke.   Dis die mooiste geskenk.  Die proteas is natuurlik ook pragtig. – Venus R10, Nairobi en Susara 3 vir R20.

Die belangrikste eienskap wat nodig is om ‘n krisis te oorleef is positiwiteit.  Ek glo daaraan.  My vriend Martin het my geleer dat as jy ‘n parkeerplek soek in ‘n oorvol parkeerplek, kan jy net sowel voor die deur gaan soek.  Tydens ‘n krisis en veral ‘n grendeltyd soos ons beleef het en nog steeds beleef, is die een ding wat jy het, TYD.  Tyd om planne te maak. Tyd vir nuwe idees.  Kookwater het nie stil gesit nie. 

Ons het verskeie nuwe produkte gaan soek tydens die grendeltyd.  Die een waarop ek die trotste is, is die Orgidiee.   By Daai  Kookwater Winkel in Newton woel ons ook taamlik.  Die koelkamer  word vergroot en nader nou voltooiing.  Ek sal julle op hoogte hou met die veranderinge en verbeteringe daar.  Om op se som:  Jou geld mag opraak, jou moed mag opraak, SOLANK JOU PLANNE NET NIE OPRAAK NIE.  

Ek lees hierdie mooi inspirerende woorde op Facebook: As ek more sou sterf, wat sal die eerste ding wees waaraan jy dink as jy die nuus hoor?  Die skrywer het dalk gehoop om mooi begrafnisdiensboodskappies te kry as reaksie op sy diep vraag.  Die een antwoord het my egter getref:  “Die donner skuld my nog geld”.
Sterkte daar buite.  Die storm speel nie.  Bly warm, bly gesond, bly positief

Sneeugroete

Woeker en Woel Rossouw

Ns: Vanjaar sal die eerste jaar wees wat ek nie na die Seychelles gaan nie – a.g.v. die Covid 19.  Gewoonlik gaan ek nie omdat ek arm is.