Koekblikke, Kersgeskenke en Koelgoed by Kookwater

Posted on
tree planting

Elke oggend half 6 is dit heerlik koel op die stoep.  Dis mos hoe ‘n dag moet begin.  Prima temperatuur vir heerlike beplanning.  Dis wanneer idees soos 114 geskenke per winkel uitgedink word.  Ja jy het reg gelees.  EEN HONDERD EN VEERTIEN GESKENKE word uitgedeel in elke Kookwater winkel op 26 Desember.  Dit sal nie ‘n motor wees nie, maar dit sal iets lekkers wees.  Ons is besig om die geskenke in koevertjies te sit.  Moenie dink dat omdat dit in ‘n klein koevertjie is, dit nie groot kan wees nie. Die geskenk sal op ‘n papier geskryf word in die koevert.  Iets lekkers soos 50% afslag op alle aankope of iets eetbaars of …… – O Nee, jy sal maar moet wag en kyk.  Tuiniere, boomliefhebbers, smulpape, ens, ens, …   Ons gee dit weg op 26 Desember. Die dag na Kersfees – Ons is wawydoop van 8 tot 5.  In Newton kry ons gereelde kuiergaste – die omgewing se bejaardes – ‘n lekker Kersete en ‘n geskenkpakkie.  Dis tussen 40 en 70 mense.  My vroutjie gaan kook vir die beker, maar sy het hulp nodig (ASSEBLIEF).  Ons soek mense om vir ons gegeurde rys gaar te maak.  Ons voorsien die klaargemaakte rys.  Dis baie maklik.   Ons benodig ook iemand om vir ons lekker Trifle te maak vir nagereg.  Komaan dames en menere.  Jy hoef nie ‘n Trifle te maak vir 70 mense nie.  Net vir 10.  Kookwater gee al die bestanddele.  Help asseblief.  Praat met jou buurvrou, jou familie en almal in jou vriendekring.  Daar sal dankbaarheid en groot waardering wees vir jou hulp (dit sal jou niks kos nie)  

 
Wat gee jy vir iemand wat alles het?  Iets UNIEK.  ‘n Kaasbord sal werk, of ‘n houtkissie met ‘n pragtige plant in.  Wat van iets wat die ontvanger nog vir 3 maande aan jou geskenk (en aan jou) lsal aat dink?  Of vir 20 jaar?  Dis nie die soort geskenk waarvan die wiele afval na 2 ure nie.  20  DUBBELE TEDDIEBEER SONNEBLOMPITTE, of 20 ROOI/ MAROEN SONNEBLOMPITTE.  Kyk bietjie op die foto’s onderaan.  Dis eenvoudig.  druk dit in die grond , maak ‘n dammetjie om elkeen en maak dit elke 2e dag nat. Dit groei vinnig en sal jou en jou vriend ryklik beloon.  Die kersie op die koek is ‘n geskenk wat mense vir 20 jaar aan jou laat dink: ‘N BOOM.  Nie sommer enige boom nie, ‘n “FRIENDS WITH BENEFITS” BOOM.  ‘n Pekanneut boom.  Dink net: Jy koop ‘n sakkie Pekanneute in die dop by Kookwater.  Eet die helfte op (dis heerlik) en plant ‘n paar pitte in halwe 2 liter bottels met grond in.  Maak gate in die onderkant sodat die water kan dreineer.  Maak gereeld nat.  Google ‘n paar wenke en praat gereeld met die ontvanger van jou geskenk.  Dink aan jou tuin of jou vriend se tuin oor ‘n paar jaar – heerlike gratis neute,  Skaduwee,  Eekhorings,  Kinders wat lekker neute kan soek en geniet.  Dis ‘n wen wen situasie.  Begin net.  Jy kan selfs ‘n klompie bome grootmaak en in jou buurt se parkie plant.  Ons doen dit al jare en dit begin nou vrugte afwerp.  Pekanneute aard goed in die Boland.  ‘n Ander baie maklike boom om te plant is ‘n avokadopeer.  Koop ‘n lekker Avo en plant die pit.  Hulle groei lekker vinnig.  
 
Het Kookwater darem lekker produkte in die winkel ook?  Natuurlik:
  • 2 x 1kg ‘Plain’ YOGHURT vir R19.90,  1kg gegeurde YOGHURT R16.50,  3 sespakke YOGHURT vir R29.90.  250ml VARS ROOM R16.50.  2,5kg Mascarpone R350, 230g gegeurde ROOMKAAS R32.50
  • Heerlike Melktert, Koeke, Cupcakes en pragtige Koekblikke vol koekies.  Die koekblikke het gevlieg teen R85 en omdat dit Kersfees is, laat val ons die prys.  Die verskaffer het gese ons mag nie adverteer wat die laer prys sal wees nie, maar jy sal aangenaam verras wees.  Dink net hoe lekker dit daar by die see gaan wees as ouma daai koekblik uithaal.  Nooi die bure oor vir ‘n lekker koffie of tee en haal die koekblik uit.
  • Van KOFFIE gepraat: Die Jacobs Barista gemaalde koffiebone is nog steeds R45 vir 200g en ons het weer volop van albei geure: Classic en Intense.  Die Nespresso en Dulce Gusto koffiekapsules is ook daar en my persoonlike gunsteling is die hartjie vorm KITSKOFFIE.  10 PRAGTIGE verpakkings vir R32.50.  Hoekom wag vir Valentynsdag?  Verras jou liefie sommer nou.  ‘n Mens kan mos nie Koffie net so droog drink nie….. Koop ‘n paar soorte BESKUIT (R25 vir 400g).  Ons het genoeg voorraad.  Het jy?
  • DRIE TWEELITER KOELDRANKE VIR R25.  Dis mos hoe jy die hitte klop en die kinders bederf.
  • Drie Croissants vir R10,  50 pakkies chips vir R30,  4 blikkies RED BULL vir R48.  (R20 per blikkie elders), Drie STERI STUMPIES vir R15.
Spar in Brakpan moes al hul melk boksies van die rakke afhaal.  Hulle moes die ‘open here’ toeplak met ‘n ander plakker: ‘open at home’
Meneer, is my punte regtig so sleg?  Ja, Jason. Met jou punte kan 2 mense druip.
Ek ry nooit met my salarisstrokie in my kar nie. Netnou kom ek in ‘n ongeluk en dan dink die mense dis selfmoord.
People use ASAP, because they can’t spell ‘imijeatly’
 
Plant ‘n boom, nooi jou bure vir ‘n hartjie koffie en haal daai koekblik uit.  
 
Kersgroete
Frans Trifle