klapper-, Olyf- en Canola olies

Posted on

Daar is al baie gese oor ons ekonomie en gister se doodskoot deur die minister het nie gehelp om my gemoed te lig nie.  Vir die ouens wat sukkel om die lig in die tonnel te sien – ek het gevind dat humor beslis die een ding is wat ons in Suid Afrika deur baie dinge help.  Ek hoor dat daar Sondag chaos was tydens ‘n nagmaal in ‘n kerk in Japan.  Die dominee het gevra of daar iemand oorgeslaan is met die beker.  Die hele All Black Span staan toe op en bars in trane uit.  


Vir die mense wat bietjie gesukkel het met die naweek se koue, wees nie bevrees nie – die  mense in die Boland is Hot, Ek het selfs al gedink om Wellington se naam te verander na Hotazel.  Die rede vir my denke is die gewildheid van die 5 soorte rissies wat ons tans weggee in die winkel teen R5.50 per bakkie. Ek sien dit kos nou meer as R130 per kg elders.  As jy nog nie hiervan weet nie, kom kyk: Jalapeno, Habanero, Cayenne, Thai en Serrano.  Kom ons detox bietjie.  Brand die exhaust wit.
Kookwater Biltong en KAAS.  het nou kaas vir elke kenner en fynproewer en pryse wat net by Kookwater beskikbaar is.

  • Geprossesseerde Kaas R49 per kg
  • Gouda en Cheddar R69 per kg.
  • Wit Cheddar,  Gerasperde Kaas en ‘Matured’ Cheddar teen die ongelooflike prys van R75 per kg.   Kyk gerus of jy hierdie 3 teen minder as R100 per kg elders kry.
  • Boursin Kaas R19.50.  Hierdie ongelooflike kaas het die tonge los en versier die kaasborde met groot grasie.  Wees net gewaarsku: Ons het 1200 van hierdie lekkerny gekoop en daar is nog 360 oor.  Dit is ‘n eenmalige aanbod.  As dit op is gaan geen tranedal nog kan kry nie.
  • Ons Camembert (R14.50) en Maaskaas (Cottage Cheese) (R14.50) is reg vir die eindstryd. Die Maaskaas kan jy gebruik vir ‘n heerlike doopsous saam met ons Avo’s – 3 grotes vir R10 as jy gouspring vandag.

Ek weet nie hoe dit gebeur nie, maar ek kry in die laaste tyd ongelooflike duur produkte teen belaglik lae pryse.  Die Lindt sjokolades is al ou nuus, maar hier is ‘n paar nuwes vir die gesondheidsbewustes:

  • 500ml Klapperolie – R24  (gewoonlik R49.99)
  • Coconut non stick Spray R18.50
  • Canola Mayonaise R9.50 vir 370gr of R29.50 VIR 3KG.
  • Olyfolie – kookolie R39 per liter
  • Canola Olie R16 vir 750ml
  • Muesli (Swiss) R29.50 vir 750gr
  • Cafe a la Carte R37.50 vir 500gr – ons het nou 3 geure: Medium, ‘Mild’ en Sterk.  Ek kon eers nie verstaan hoekom hierdie een so gewild is nie, totdat ek sien dat dit eintlik R87 in ander winkels kos.

Genoeg van jou ekonomie.  Die oulikste Whatsapp boodskap wat ek hierdie week ontvang het, deel ek graag met jou.  Hierdie is nie vir sensitiewe luisteraars nie.  Ek kry eers ‘n foto van twee welbedeelde skrapsgeklede, nie te onaansienlike jong dames. Kort daarna volg ‘n stemboodskap van ‘n man wat waarsku teen hierdie twee dames.  Hy se hulle wag daar by McDonalds en vra vir ‘n lift.  Sodra hulle dan in jou kar/bakkie klim, trek die een haar klere uit en die ander een steel jou beursie.  Hy waarsku die manne om versigtig te wees.  Hulle het hom al 4 keer gevang.


Mag jou week vol aangename verrassings en hope humor wees en mag die Bokke ver wen. Ek sien baie uit na die eindstryd – Mammie bak 2 melkterte en ons kaasbord gaan blom met Boursin kaas, Kookwater Biltong en ‘n heerlike Avo-dip. Boonop dink ek die Bokke gaan lekker wen.


Bok Groete

Grasgroen Frans

NS: as jou lewe nie genoeg uitdagings het nie, maak soos Faf en gryp sommer die grootste ou in die anderspan ook voor die bors terwyl jy reeds met ‘n ander ou besig is.  Maak die lewe interessant!