KERSFEES IN JANUARIE? Die BLIKKEPRYS SE BODEM VAL UIT

Posted on
water diere

Kersgeskenke kan ek hanteer, maar ek is uiters dankbaar dat dit nie gepaard hoef te gaan met daai rooi jas, handskoene en baard nie.  Vandag se 43 grade hier in Wellington gaan seermaak.  Die prys van ons ingelegde vrugte gaan ‘n pleister plak op die seer.  820g Perske en Pere kos net R7.50 as jy ‘n boks van 12 koop.  Jy het ongelukkig net tyd tot Vrydag om hierdie blikke op te raap.  Saterdag is die boksprys weer R9.  Maak jou planne.  Vir wie gaan jy hierdie weggee as ‘n geskenk?  Hoe gaan jy al daai bokse op jou dorp kry?  Is dit nie die geleentheid wat jy nog altyd gehoop het jy kry om jou eie besigheid te begin nie? Verkoop vir R20 op jou dorp en almal sal bly wees hulle hoef nie R45 in die supermarkte te betaal nie.  Moenie die 3kg Perskes en Pere vir R25 en die 3kg Fruit Cocktail vir R35 vergeet nie. 820g Fruit Cocktail kos R15 en 410g kos R9.50.  Geniet dit.

 

As daar een ding is wat my dag maak, is dit as ek my kosblik oopmaak en Mammie het vir my Mielies en Waatlemoen ingepak.  Ek weet sommer dis op baie mense se wenslysie en daarom het ek nie geleentheid met twee hande aangepak toe die produkte oor my pad kom.  Ons het nou PITLOSE WAATLEMOEN teen R40, MIELIES in die blaar vir R4.50 en pragtig verpakte mielies – 4pak R24.50 en die brediepak (‘n hele bak stampvol korter stukke) vir R15.  Die laaste verpakking is vir jou potjiekos of enige bredie.  Ek kwyl sommer weer as ek aan Maandagaand se Kerriebredie dink wat Vroutjie gemaak het met ‘n kloooomp kort mielies in.  ‘n Smaakwenner.  Die R15 help sommer jou beursie ook.

 

SO, WAT MAAK ONS MET HIERDIE 43 GRADE VANDAG?:

  • YOGHURT VIR DIE KOSBLIKKE: R9.90 per sespak: Parmalat, Nutriday en Parmalat se Sponge Bob sal goed lyk in jou man se kosblik😁
  • 1kg Parmalat en 900g Nutriday Plain Yoghurt :  2 vir R19.90 of R11 elk.  MAYO Drinking yoghurt R6.50 
  • Kouevleis toebroodjies: 400g Ham en Smoked Ham R43.50, Kaas ‘slices’: 10 vir R13, VARS BROOD R10.  ‘n Bakkie BILTONG werk ook goed.
  • 200ml SAPPIES R33 VIR 6 – Rhodes, Ceres, Frozen en vele soorte.  1 liter sappe vir R14.50 en ons groot gunsteling: 1 liter PEACH AND PEAR vir R9.90
  • 19g PS SJOKOLADE vir R3.  Skryf ‘n boodskap vir jou kinders en jou ou man: PS Jy’s sexy (vir jou man) of PS jy’s woes slim (ook vir jou man of selfs vir die kinders).  ‘n Kosblik moet interessant wees.
  • 50g KNORR SOP (Beef&Onion) R3.50.  Ek moet eerlik wees, ek het gedink sop sal nie werk in die somer nie.  My vroutjie se reaksie toe ek haar vertel dat ons Knorr sop het, het my denke verander.  Sy se sy gebruik dit in baie kosse.  Veral hierdie soort.  Daar het jy dit.  Koop ‘n klomp.  Kookwater het.  Ons spens het.  R8 elders.  
  • KOO 410g Pitmielies R17.50.  Ek het eers gedink dis te duur, maar die ander supermarkte het my anders oortuig.
  • Die Sanitizer begin nou spoed optel – 3 x 385ml vir R10 is ‘n goeie begin vir jou herverkoop besigheid.  
  • Ons honde kwyl as hulle daai Pedigree oor hul pille kry.  R10 vir 2 pakkies.  Koop ‘n boks.
  • Gerasperde Cheddar R39 vir 400g.  Jammer dat ons nie kon voorbly nie – daar is nou weer voorraad.

My mond het oopgehang toe ek lees in verlede week se Burger van die knaap wat in matriek in 15 vakke A’s behaal het.  Hy het ook in sy skool se eerstepan vir Tennis en Hokkie gespeel en ‘n klub gestig vir kinders wat aan Wiskunde olimpiades deelneem.  Hy self het Suid Afrika 2 keer verteenwoordig in die Wetenskap olimpiades in Luxenburg en Indonesie.  Die knaap was besig.  Hoekom vertel ek vir jou hierdie dinge?  Joshua Andrews (18) het verstaan dat jy moet beplan as jy dinge wil laat gebeur.  HIER LE ALWEER ‘N JAAR VIR JOU EN WAG.  Doen iets met hom.  Jy is die een wat besluit of dit interressant gaan wees en of jy dinge gaan laat gebeur.

 

My nuwe PASTA DIEET werk fantasties: You walk pasta da table and fridge. You walk pasta da bakery and bottle store. You walk pasta da braaivleis and all da clothes will pasta again.

Ek haat dit as mense jou nooi en as jy vra wat moet jy saambring, dan se hulle enige iets…… Nou sit ek hier met my wasgoed en hulle het nie seeppoeier nie.

Jy het mos op skool gedink woordsomme is nie belangrik nie en jy gaan dit nooit gebruik nie.  Nou sit mamma met: ‘Jy het 8 bottels wyn, jy moet 20 dae uitkom.  Elke bottel het 4 glase wyn in. Jy mag net van 14:00 tot 23:00 drink.  Elke hoeveel uur mag jy ‘n glasie drink?

 

Geniet jou lekker kosblikplanne,  Koel af met een van oom Freddie se melkterte (dit werk vir my) en Plant jou tuin vol blomme.  DOEN IETS LEKKER MAN.

 

Mieliepitgroete

Die ou Blikskottel met die baie planne.