Kase en Januarie oorlewers

Posted on

Ons het dit gemaak.  Die einde van die 3 maande van Januarie is in sig.  Die lesse is weereens geleer en die voornemens is gemaak vir 2020.  Vanjaar gaan ek goeie gewoontes aanleer dwarsdeur die jaar.  Die belangrikste voorneme is ‘n maklike en lekker een:  Vanjaar gaan ek lekker baie geld spaar by DAAI KOOKWATER WINKEL en KOOKWATER BILTONG EN KAAS. Kom ek wys jou hoe maklik dit is om jou belangrikste nuwejaarsvoorneme te hou.

  • BOURSIN KAAS R19.50. Ons het so 3 maande gelede die eerste keer van hierdie heerlike sag kaasbordwenner in die winkel gehad.  Dit het eers stadig weggetrek (onbekend en R48 elders), maar toe die woord versprei, het dit gevlieg.  Groot tranedal toe dit op is.  Nou het ons weer en dit vlieg weer.  As jy laaskeer gemis het, koop nou.  Jy sal nie spyt wees nie.  Die knoffel in die kruie een is heerlik.
  • Wellingtons ‘sweet jalepeno’ sous R9.50.  Dit was verlede week nog R15.50 by ons en heelwat duurder elders.  Die Chilly Tamatiesous is ook nou R9.50.
  • Melrose kaassmeer R19.50 is eenvoudig ‘n wenner – kosblik- en prysgewys.  
  • Die blomplantjies teen R9.50 sal mooi lyk in jou tuin.
  • Godiwa sjokolades R15 – bederf jouself.

Ons se nie genoeg dankie in hierdie lewe nie:

  • Dankie aan die Brandweer en plaaswag wat gistermiddag daai brand in die Du Toitskloof pas geblus het.  Ek het sommer al gesien hoe ons berge weer afbrand.  Puik gedoen.
  • Dankie aan elkeen wat rondom sy huis en besigheid daagliks skoonmaak.  Jy help om ons dorp mooi te laat lyk.  
  • Dankie aan al ons Kookwater Kastemers.  Julle is eenvoudig ‘cool’ – eintlik yskoud.

Juffrou vra vir die kinders watter werke hul pa’s doen:

Jannie: My pa is die bankbestuurder.

Carien:  My pa werk by Kookwater.

Kosie:  My pa is ‘n stripper in ‘n nagklub.

Juffrou is geskok en vra Kosie na die klas of alles reg is by die huis.  Kosie se alles is reg.  Sy pa werk eintlik by Eskom, maar hy is bietjie skaam om dit te se.

Mag jou salaris heelmaand hou. Mag jou voornemens minstens nog een week hou en mag jy heeldag met ‘n glimlag op jou bakkies loop omdat jy so geseend is met baie mooi dinge.

Kookwater Groete

Positiewe Dankbare Frans

Hier is vir julle ‘n liedjie vir die week!