KAAS, Positiewe mense en Kookwater planne

Posted on
  • If you hang around 5 confident people, you will be the 6th.
  • If you hang around 5 intelligent people, you will be the 6th.
  • If you hang around 5 millionaires, you will be the 6th.
  • If you hang around 5 idiots, you will be the 6th.

Wakker wees – aan jou vriende sal jy geken word.  Ek is ‘n groot voorstander van die idee dat jy jou moet omring met positiewe mense.  Ek glo ook as jy die slimste ou in die vergadering is, jy nie so slim is as wat jy dink nie.  Reel die vergadering met slimmer mense.

Ek is mal daaroor om mense te sien wat die hand uit die mou steek en iets doen wat gedoen moet word.  Ek het dit by my ma geleer.  As jy dink ‘n ding moet gedoen word, doen dit dan.  Die kleurvolle hokkies op die strand in Muizenberg het my al jare aangetrek vanwee die mooi foto’s wat dit maak.  Die hokkies het met die jare vervalle geraak en ongure karakters aangetrek – tot so ‘n mate dat hulle die hokkies wou sloop. Ek het in ‘n Burger verlede week die oulike berig gelees (aangeheg) dat ‘n groep nou besig is om die huisies te restoureer teen R70 000 per huisie.  Jy kan nou ‘n huisie huur vir die dag op die strand.  Die plaaslike besighede word ook betrek, want jy kry jou vis en chips saam met die huisie.  Mense met oulike planne inspireer my en gee my hoop vir ons land.   Is jy nie ook ‘n planmaker nie?  Wat is daar in jou dorp wat jy mee kan help?  Daar is reeds genoeg ‘facebook warriors’ wat afkraak en politieke punte probeer maak.  Ons benodig mense wat iets doen.  DIE EEN HAND HOEF NIE TE WEET WAT DIE ANDER DOEN NIE – doen net iets.

Van doen gepraat.  As pryse te hoog is, moet iemand dit verlaag.  Ek sien nou al hou meer dat Kaaspryse nie sommer onder R100 per kg kom nie.  Om die waarheid te se, die groot winkels se pryse is nader aan R129 per kg.  Hulle flous ons ook lekker deur blokke van 800gr groot te adverteer vir R89 – Dis R111 per kg.  As die pryse verlaag moet word, moet iemand dit doen.  KOOKWATER SAL:

  • ‘Diced’ MOZZARELLA teen R65 per kg.
  • Gerasperde Cheddar R65 per kg (beperkte voorraad)
  • Verouderde (Matured) Cheddar R75 per kg.
  • Edam kaas (loaves) R99 per kg.

Van kaas alleen sal die mens nie leef nie, so ons het darem ander lekker lae pryse ook:

  • Kelloggs Rice Crispies – 400gr vir R25   (nou R62 in ander winkels)
  • Corn Flakes – 500gr vir R25.
  • Sasko Bakers Mix – R9.50.  Bak heerlike muffins.
  • 4 Avo’s vir R10
  • WATERBLOMMETJIES R55  per kg.
  • 4 bottels 5 liter water vir R19.
  • Amandels R135 per kg.
  • Ons het die mooiste proteas, speldekussing en orgidiee en ons kry vandag weer vars groente- en blomplantjies in.  Sit kleur in jou lewe.

Ek kan nog laaaaank aanhou met die lae pryse  – of jy kan sommer net die pryslys deurgaan.  

Dis tyd om ‘n verskil te maak.  Omring jou met ‘n paar planmakers en laat die dinge gebeur.  Hou op om ander te blameer vir jou vuil en onveilige buurt.  Doen iets.

Positiewe groete

KAAS Rossouw