JOEFDAY, OUPADAG EN NOG ‘N LANGNAWEEK VIR DIE PA’S

Posted on
vadersdag

Nog ‘n Paasnaweek.  Die pa’s is darem bevoorreg.  Die dat Joefday en Vadersdag nou saam gevier word, kan dalk probleme veroorsaak, veral by die Joef.  Moet ons nie liewer ‘n Oupadag ook inbring nie?  Hoe anders gaan ons oues van dae onderbroeke en sakdoeke in die hande kry?  My laaste bottel Old Spice, wat ek in 1981 voor my matriekafskeid gekry het, het ook al lankal verslaan.  Blouwillemaandag in die Burger (Maandae) deel hierdie week die storie van die outjie wat ‘n opstel moes skryf oor ‘Wat is ‘n oupa?’.  :  Die outjie skryf: 

“Oupas is mans-oumas.  Oupas is slimmer as jy want hy help jou met goet waarmee jy nie self kan regkom nie.  Oupas gaan stap met klein sienkies en gesels oor fisvang en trekkers.  ‘n Oupa werk nie en daarom het hy tyt vir jou behalwe as hy wil slaap want oupas slaap graag.  Oupas kan nie goed sien nie, daarom wil hy altyt weet wat jy doen.  Oupas het baaaie geld want hulle koop elkedag ‘n koerant.  Elkeen moet perbeer om ‘n oupa te kry want dis beter as telewiesie.”

Oupas en kleinseuns het mos maar ‘n manier om saam stout te wees en ‘n bietjie mekaar se rugge te beskerm.  So bly die oupa by sy kinders en die spesifieke dag draai klein Pietman ‘n bietjie stokkies en bly by die huis.  Die klokkie lui by die hek en oupa loer versigtig om die gordyn en draf benoud gang af.  “Pietman, jy beter gaan wegkruip, jou juffrou is hier by die hek!”.  Antwoord die Mannetjie: “Nee, Oupa, jy moet gaan wegkruip.  Ek is by jou begrafnis”  Dankie aan Blouwillemaandag.  Dit maak altyd my dag.

So, Kookwater is wawydoop Maandag, 17 Junie (die vakansiedag) sodat jy lekker kan kom kuier en koop.  As jy nie op die dorp is nie, haak ‘n sleepwa, bring jou buurvrou en jou beursie en onthou om genoeg tyd saam te bring, sodat jy al die lae pryse kan uitsnuffel.  Ons het sommer ‘n kloooomp lae prys produkte ook reggekry vir jou:

  • VENUS PROTEAS – 3 vir R55. Carnival en Esme proteas – 4 vir R55.  Die Venus proteas is by verre my gunsteling.  Hulle het laaang stele en hou selfs nog langer (jy moet net elke 2 dae of so die water vervang).  Geniet die prag blomme.  Pa’s mag maar van blomme hou.  Ek doen.  Koop vir jouself meneer.
  • 3 SESPAKKE YOGHURT vir R20.  Hierdie gaan vinnig uitverkoop.  Ek se sommer by voorbaat jammer dat ons die prys so laag gemaak het – vir die ouens wat die naweek niks gaan kry nie omdat dit uitverkoop is.  900g YOGHURT vir R13.50 – dis Double Cream Plain en gegeur.  1kg PARMALAT VANILLA VLA R18.50.  
  • 400g MELROSE R35 (beperkte voorraad), 150g Parmalat KAAS SNYTJIES R18 (9 snytjies).  President Camembert en Brie R18.50.
  • ALIBI MAX 3 vir R15.  Ons het weer nuwe voorraad ingekry.  
  • 6 x 1liter LANGLEWE MELK  vir R59.  Dis minder as R10 per liter.  BB datum is 12 Mei 2024, maar dit gaan nog laaank hou.  Die sespakke vlieg by die deur uit.
  • STERI STUMPIES R29 vir 6x200ml boksies.  Purejoy sappies ook R29 vir 6x200ml.
  • 20 KOFFIEKAPSULES vir R39 (Dulce Gasto)
  • 250g FRUIT FLAKES R35.
  • 5 GEURE LANCEWOOD DIP & TOP – 2 VIR R30.  Koop ‘n klomp. Dis heerlik.
  • Wat van ‘n VADERSDAG HOUTKISSIE (R35) MET HEERLIKE BILTONG  en Droewors of Chilli Bites (Ons het lekker varses ingekry uit Namibie). Koop ‘n boksie PS sjokolade (24 vir R55) en skryf ‘n klomp PS boodskappies. – PS Jy’s ‘n Kookwater Pa of so iets.  Sit sommer ‘n pakkie Oumawange ook in of ‘n bakkie Hertzoggies.  Loop net deur die winkel – die idees is eindeloos.

Daar is, soos altyd, te veel om op te noem.  Kom koop een van Oom Freddie se heerlike melkterte en een van Mariette se meesterstukke (koeke) en geniet jou naweek.  Onthou om jou Beginsels (Fire Starters) en KURKDROE hout by Kookwater te kry teen R19.50 per sak.  Kaggels raak nou nodig en ons het mos almal hulp nodig met daai kaggelhout wat so nat is dat dit homself blus.

Weet jy hoekom is sexy mooi mans altyd besig?  Kannie nou praat nie, ‘Ek’s net gou besig’

A Friend suggested horse manure on my strawberries.  I’m not doing that again.  I’m going back to whipped cream.

Soms wil ek net he iemand moet my styf vashou en my vra: “Hoeveel geld wil jy he?”

Die een oomblik is jy nog jonk en jukkerig.  Die volgende oomblik voorspel jy die weer met jou sleg knie.

Stook daai kaggel, sny daai melktert en skink die koffie.  Maak sommer vandag Vadersdag.  

JOEFDAY Groete

Outop Rossouw

PS – geniet die GRATIS/FOR FREE/MAHALA/OPPIEHYS LEMMETJIES in die winkel.  Ons het nog ‘n paar ton ingekry om weg te gee.

job oppertunity