idees om jou ou VAALTYN sprakeloos te maak

Posted on

Ja, Valentynsdag is gekommersialiseerd en ‘n winkelfoefie om jou geld te kry, maar…..  Die lewe gaan oor bemarking.  Jy kan nie dag en nag werk en games speel en dink jy gaan die oulikste meisie / ou ontmoet nie.  ONTHOU ALTYD:  Doing business without advertising is like winking at a girl in the dark – you know what you’re doing, but no one else does.   Moenie ‘n flou makou wees nie.  BEMARK JOUSELF.  Wees anders en gee van ons Valentynsgeskenke daagliks vir jou ou Vaaltyn – TOTDAT DIT WERK.  Agressiewe bemarking sal werk.   Hiers ‘n paar sakpas planne:

  • Bederf eers jouself.  Niemand glo jou dat jy vir hom/haar lief is as jy nie van jouself hou nie.  My aandete gisteraand was 2 heerlike Fuerto AVO’S (3 pragtige avo’s vir R10),  7 YSKOUE TURKSVYE – (3 vir R10) en ‘n groot tros druiwe (by my buurman gekry). Man ek voel goed vanoggend.  Moenie iets doen terwille van ‘n doel nie.  Eet die Turksvye sommer net vir die lekkerte en sonder vrees vir die nagevolge.  As daai 15 turksvye jou moeiikheid gee het ons die oplossing.  15 pruimedante.  Dit werk soos ‘n bom.  Geniet dit.
  • Ons het pragtige houtkissies en boksies (ek lief jou 24/7, 365) met mooi hartjies en woorde op.  Die hartjie-idee is al bietjie holrug gery.  Dis wat jy binne in sit wat jou idee laat uitstaan:   
  • 6 Turksvye met die boodskap:  DJY PRIKKEL MY’
  • Cafe a la Carte koffie met die boodskap:  JY’S DIE MOER IN MY KOFFIE.  MOERSE LIEF VIR JOU.
  • 100gr Amandels (R15):  I’M NUTS ABOUT YOU
  • ‘n Kissie vol Jalepenos (R12.50 per kg):  DJY’S HOT
  • ‘n Pakkie Koeksisters (R15.50) of ‘frosted donuts:  SOETLIEF
  • Ons het pragtige stokkielekkers met bloedrooi lippe (R4.50), hartjies (R6.50) en boodskappe (R7.50) soos:  EK SMAAK JOU STUKKEND.
  • Blomplantjies (R9.50 vir ‘n sespak):  BLOMMIE, EK’S MAL OOR JOU

Ek was verlede week bietjie op Prins Albert en dit was wonderlik om te hoor van die reen wat daar uitgesak het.  In 2019 het daar 42mm geval.  In Januarie 2020 het daar 65mm geval.  Die granaatbosse (en die dubbeltjies)  blom goudgeel.  Ons het bietjie spekboom heinings gesnoei en deel graag die steggies met jou. 

MET ELKE AANKOPE KAN JY 3 GRATIS SPEKBOOM STEGGIES KRY. 

Dit sal nie werk as jy hierdie vir jou valentyn gee met die boodskap: ‘Jy’s my ou spekbossie’ nie, maar dit sal goed lyk in jou tuin – min moeite.  Druk hom in die grond, gee so nou en dan water en vergeet van hom.  My soort plant.  Ek loop my ou vriend Josef in die kooperasie raak in 42 grade Celsius en vra hom hoe dit gaan.  Nee, se hy.  Dit lyk darem of die ergste koue nou eers verby is.  

Die jongelinge gebruik mos allerhande afkortings deesdae, soos LOL (laugh out loud) ens.  Moenie agterbly nie.  Hiers ‘n paar vir die minder jongeres onder ons:

ATD   At the doctor

BFF   Best Friend’s Funeral

BTW  Bring the Wheelchair

BYOT   Bring your own teeth

GGPBL  Gotta Go, Pacemaker Battery Low

TFT   Texting From Toilet

Nou’s jy op datum met die Vaaltyn ding,  die nuutste sms afkortings en die ekologie (die spekbos)  Mag jy hope turksvye kry die week.

Karoo groete – vol harte

Prikkelpop Rossouw

aka die moerse lekker ou spekbossie