Ek raak vanoggend wakker van my buurman se grassnyer wat so raas. My kop is nog seer… lelike babelas, baie dors en niks lekker nie. Ek dag toe twak, bog en onsin… EK GAAN NIE OPSTAAN NIE. Hy moet maar om my sny.
Die einde van die paar maande van Januarie is hier. Vier dit net soos jy wil, maar bederf jouself met iets lekkers. Daar sal nog geld oor wees vir jou bederfie af jy klaar gekoop het by Kookwater:
- 400g JUNGLE MUESLI R44.50 -Mixed Berries
- 750g Excella MAYONNAISE R15, JELLY R4.50, 820g PYNAPPELRINGE R21.50, 500g FUSILI PASTA SCREWS R17.50, 10 Waterdigte PLEISTERS R19.50.
- 750g ALL PURPOSE CREAM R11.50 (Soos Handy Andy), GERMEX R14, 500ml SHOWER GEL R14.50, 100ml NAELLAK VERWYDERAAR R7. PETROLEUM JELLIE R21.50
- SJOKOLADE KOEKIES – 3 vir R20. DIS HEERLIK.
- Clark& Sons : Pink Tonic, Indian Tonic, Soda Water – 3 x 1 liter vir R20 (gewone prys R24.99 vir 1 liter). Jy kan selfs ‘n ietsie bygooi om dit lekkerder te maak – pasop net vir die buurman se grassnyer.
- DICED CHEDDAR R270 vir 3kg. Baby Bell kasies R24.50, BRIE 2 vir R30, Roomkaas R29,90, DAAI B…. KAAS R30 – die een waarvan ons nie die naam mag noem nie.
- 3 sespakke PLAIN YOGHURT vir R20, 2 sespakke gegeurde YOGHURT vir R19, Bloukaas en vele meer.
- 1kg Russians R34.50. 900g BBQ CHICKEN R39, 900g MACARONI & CHEESE R45. DIS DIE LAASTE VAN DIE DINE IN PRODUKTE. Hulle kos nog steeds R118 in ander winkels.
- CARNAVAL PROTEAS 4 vir R55. Dis uiters vroeg in die seisoen, maar dis lekker om weer Proteas in die winkel (en in die huis) te he.
Toe ek gister in Wellington se Kookwater Winkel instap, lyk dit of ons TREK. Ons doen nie, ons maak net die winkel bietjie mooier. Sit meer ligte in, verf alles ligter vir beurtkrag – daai soort ding. Ek is baie opgewonde – daar kom ‘n klomp nuwe dinge. Fase een is die verfwerk. Verdra dit asseblief, ons sal opmaak met ‘n klomp nuwe lae pryse.
Ons is stadig maar seker besig om ons ingelegde vrugte voorraad aan te vul. Ons het gister weer die 820g PEER en PERSKES ingekry. Teen R9,90 is dit nog steeds ‘n kwart van ander winkels se prys. Die 3KG PERSKES teen R25 is ook in voorraad. Daar kom nog vele meer blikke. Ons bly maar die eenmaal DIE BESTE BLIKWINKEL IN DIE DORP.
As ‘n vrou met jou uitgaan, hou sy van jou. As sy met jou trou, hou sy baie van jou. As sy van jou skei, hou sy alles van jou. EINA
Moenie dat die ekonomie jou onderkry nie. Moenie dat die duur winkels jou beursie tap nie en die heel belangrikste: MOENIE DAT JOU PLANNE OPRAAK NIE.
Nuwemaand Groete
Vol Planne Frans