Hitte, Humor en Harde werk

Posted on

Ek het respek vir ‘n man wat nie skaam is om hard te werk nie.  Ek het verlede Vrydag so ‘n familie daar in Malmesbury ontmoet.  Hulle maak Beginsels (Fire Starters).  Die vrou van die huis se haar man en 2 neefs en nog ‘n familielid gaan maak die hout op plase wat baie Port Jackson bome het wat hulle uitgetrek het en nou na jare al kurkdroog is.  Hulle bring die hout huistoe en die vrou en haar 3 kinders kloof die houtjies fyn en pak die sakke.  Sy se hulle het verlede week onder andere 2 groot bestellings gehad – 1000 sakkies vir een besigheid en 3000 vir ‘n ander.  Sy se ook jy moet jou klant gelukkig hou.  Een van hulle aankopers se hy kom STIPTELIK 8 UUR.  Sy se hulle weet jy kan nie 7 uur opstaan as jy 8 uur 1000 sakkies moet he nie.  Dan werk hulle maar deurnag.  EK HET RESPEK VIR SULKE MENSE.  Hulle staan nie in die R350 ry nie.  Hulle WERK.  Niemand gee vir hulle die werk nie.  Hulle het dieselfde geleenthede as al die ander werkloses.  Hulle styg uit.  Ek sien daagliks mense sonder werk en bied vir hulle werksgeleenthede aan.  Die probleem is dat hulle eintlik net ‘n salaris wil verdien.  Ek salueer hierdie besigheidsmense – so sal ons vooruitgaan.  Kom koop gerus hierdie beginsels by Kookwater teen R12.50.  Buiten dat dit ‘n uiters belaglik lae prys is, ondersteun jy die ware helde in Suid Afrika.

 

Ek voel die hitte sommer vroegoggend hier waar ek die nuusbrief sit en skryf.  Kookwater is reg daarvoor.  Ons stoor die Ferrero Rocher in die koelkamer en het volop Sappe en koelgoed:

  • Lipton Ystee:  1,5 liter R12.50,  500ml botteltjies R36 vir 6,  330ml blikkies R29.50 vir 6,  200ml kosblikverrassings R27,50 vir 6.
  • Fruitree Glasbottels R36 vir 6,  1 liter sappe R9.90,  1,5 liter sappe R14.50.
  • 2 liter KINGSLEY Koeldranke: Soda Water, Tonic Water, Dry Lemon, Ginger Ale, Lemonade:   2 BOTTELS VIR R10
  • 1 Liter Fitch & Leeder:  Dry Lemon en Ginger Ale – 3 bottels vir R20
  • Koue Kosse:   WRAPS R15 per pak OF 3 PAKKE VIR R30
  • CHEDDERELLA, MOZZARELLE EN GERASPERDE CHEDDAR EN GOUDA  R65 per KG (R130 vir 2 kg)
  • Ongeag die hitte het ‘n mens KOFFIE NODIG.  Starbucks Koffiekapsules 3 boksies (30) vir R90.
  • Ferreiro Rocher bly ‘n puik geskenk – vir ander en vir jouself.  3 balletjies R19.50.  Geskenkpakkie met 6 balletjies R45 en 30 balletjies vir R99.

So tussen die politici en die beurtkrag deur is dit makliker om kop bo water te hou as jy ons nasie se humor naby hou.  Hier is ‘n paar om jou tanne lug te gee:

  • Onderwyser:  Wat doen jou pa vir ‘n lewe?       Seun;  Alles wat my ma se
  • Meraai se vir Gatiep:  ‘Djy moenie dink djy sal by die hemel ingan as jou asem so na drank stink nie.  Gatiep: Dja Meraai, djy hou vir djou lekker slim ne, ma da is ‘n technical point van hemel toe gaan wat djy nie van weetie:  My asem ganie saamie – ek blaas hom mos hie yt!
  • As jy lelik is, dan is jy lelik…….. niks van mooi van binne.    Het jy al gehoor ‘n kort persoon is lank van binne?
  • A wise man once told his wife…….    nothing, because he was a wise man.

Ons gaan Saterdag 3 parkies in Newton en Van Wyksvlei se klimrame, swaaie, ens. bietjie verf van 9 tot 1.  As jy wil kom help, stuur jou naam na 084 2334 899.    Onthou die wyse woorde wat my vriend Bernus weer op Facebook gesit het die week:  As dit met jou goed gaan, maak jou tafel langer, moenie jou heinings hoer maak nie.  

 

Geniet die hitte, die verkiesing en die humor.

 

Groen Groete

Frans Park.