Die plaaslike aandelebeurs het gister met 3,5% gestyg. Die meeste in jaaaare. Die rand is aan die klim – vir ‘n verandering in die regte rigting: R18.07 teen die dollar gister. Die dieselprys en petrolprys toon tans ‘n R1 oorverhaling wat beteken dat daar waar ek nou diesel ingooi, behoort die diesel volgende maand minder as R20 per liter te wees – dis heerlik. Plaaslik is die Rossouw gesin nou volledig gegradueer. Ons loop oor van trots. Die ou met die droe tanne in die dorp is die uwe. Ek (EN JY) het soveel om voor dankbaar te wees. Deel bietjie jou glimlag vandag – niemand hou in elk geval van ‘n suurgat nie. Die ironie is dat ons nog steeds lemmetjies GRATIS WEGGEE. Dit beteken jy kan ook. Vat ‘n mooi mandjie lemmetjies vir jou vriendin of buurman (jy hoef nie te se dat jy dit verniet kry by Kookwater nie). Dis die idee wat tel. Dis ‘n mooi geskenk.
So is daar rede om te glimlag by Kookwater? O JA, ons is hier om jou (en jou beursie) te BEDERF:
- LANGLEWE MELK R59 vir 6x1liter. Wanneer laas het jy melk vir minder as R10 per liter gekoop? Dis net moontlik as jy jou eie koei het. BB 22Mei2024, maar dit gaan nog maande hou.
- 3 ALIBI MAX sjokolades vir R15. Ek het gister amper gestik toe ek sien die garage winkel vra nou R13.99 vir 1.
- MOZZARELLA LOAVES – ons kry weer vanmiddag in teen R79 per kg. Elke blok weeg 2,5kg. Vir die wat hou van grand leef: probeer bietjie die BURRATA en RICOTTA kaas wat ons in die winkel het – R17.50. Google dit ‘n bietjie en kikker jou pizza, omelette, lasagna en kaaskoek op. Jy verdien iets nuuts – doen dit. Die gerasperde Cheddar is nog steeds net R95 per kg.
- Gepraat van iets nuuts – die Rossouws gaan die week die KWARTELEIERS probeer. Tannie Google se dit het baie meer proteine as die gewone hoender stories. R39 vir 30 eiertjies. Toegegee, hulle lyk baie mooi, maar ek sal hulle darem moet eet ook. Waar is die dames of here wat so baie dinge inle? Hoe lyk dit met gepiekelde kwarteleiers? Dis mos nou ‘n pragtige geskenk vir ‘n vriend of vriendin.
- WOOLITE R49 vir 2 liter, STASOFT R49 vir 2 liter en ons kry vanmiddag een liter Stasoft vir R39. Winter gaan saam met lekker sagte klere en lekker ruik kleure. BEDERF JOUSELF.
- KURKDROE BEGINSELS (fire starters) EN KAGGELHOUT teen R19.50 per sakkie. Hou op sukkel met daai nat steggies wat hulself blus in die kaggel – gebruik ons kwaliteit hout om die kaggel en die nat hout lewe te gee. Dis fantasties vir braai ook.
- BELINZOLA ORGANIESE ROOIBOS KITSTEE. Ek het dit die week vir die eerste keer getoets. Dis heerlik. R1.70 per sakkie. Gooi net water, een sakkie ‘poeier’tee en jou eie melk en suiker. Nog ‘n bederf.
- VENUS PROTEAS – 3 vir R55. Hulle hou laank. Dis my gunsteling protea. Vervang net die water gereeld. Venus – die godin van liefde.
- MELKTERT – R112. heerlikdik en smelt in jou mond. Oom Freddie mag maar. Is dit nie tyd dat iemand die mense by die werk verras met ‘n Melktert, ‘n koek of 2 van Mariette se skeppings en ‘n paar soutigheidjies nie? Kan daai iemand nie dalk jy wees nie? Komaan. Begin ‘n teetyd klub waar elkeen ‘n dag van die week kry om ietsie saam met die tee te bring. Daai klink na besigheid.
- LANCEWOOD DIP & TOP was 2 vir R30, nou sommer DRIE VIR R30: Chilli&Lime, Balsamic&Onion, Mexican, Jalapeno Chutney en Sweet Red Pepper. Dis nou ‘n bederf.
Wat jy ookal doen vandag, doen dit met die selfvertroue van ‘n 4 jarige in ‘n Batman T-hemp.
SEUN: Pa, het jy geweet daar is lande wat jy nie jou vrou ken voor julle trou nie? PA: Dis maar oral so ou seun.
Ek en my man doen hierdie week ‘n werkswinkel. Hy werk en ek kuier by die winkels.
Seuntjie kom sit op Loftus Hoofpawiljoen, BESTE sitplek op die veld. Oom langs hom se vir hom: “Nou waar kom ‘n bogsnuiter soos jy aan so ‘n duur kaartjie?” “By my Pa oom.” “O… en waar is jou Pa dan?” “By die huis oom…. hy soek sy kaartjie”
Ladies, don’t let a man who drinks Castle Lite abuse you. Talk to him, woman to woman.
Ek gee my ID vir die dame by binnelandse sake. ‘Jy het nogal taamlik aangestap in jare sedert hierdie foto geneem is’. “Ja” antwoord ek. “Ek het dit laat neem kort voor ek in hierdie tou gaan staan het”
SO OM OP TE SOM: BEDERF JOUSELF MET ‘N MELKTERT, maak jou klere lekker sag met daai Stasoft en HANG JOU TANNE UIT – die mense rondom jou soek ‘n vriendeliker jy vandag.
Poeiertee groete
Frans Droetanne