heerlike produkte – Coronavry

Posted on

The only thing to fear, is FEAR itself.  Ek weet nie meer wie dit gese het nie, maar dis baie waar vir die Corona Virus.  Net ‘n paar feite om die statistieke (en ons mense se koppe) reg te hou.  Italie is die land met die  meeste gevalle van Corona buite China.  Uit 60.5 Miljoen mense het (op 10 Maart) 9172 mense die virus opgedoen en 463 mense gesterf in 3 maande. In Suid Afrika sterf daar DAAGLIKS 100 mense aan TB en niemand koop maskers vir TB nie. Geen skole word gesluit omdat iemand se familielid TB het nie.  Middelweerstandige TB lyers se kans om te sterf was tot onlangs 50%.  (Corona s’n 2%)  (Statistieke WHO webwerf en RSG).

In Suid Afrika was ons manier van oorleef nog nooit om in vrees te leef nie, maar om die mooi rondom ons raak te sien en die HUMOR raak te sien.  Gerugte wil dit he dat die wereld ‘n groot tekort aan maskers en beskermende klere het.  Die volgende groot tekort wat voorsien word (vir die entrepreneurs onder ons wat ‘n geldjie wil maak) is TOILETPAPIER.  Die rede: Een ou hoes en 30 rondom hom betjorts hulself.  Bly kalm en kom geniet ons heerlike nuwe lae pryse :

  • 2 AVO’S vir R10.  Ons moet eintlik nie die avo’s adverteer nie, want verlede week se 50 boksies het net 2 dae gehou.  Gouspring.
  • Heerlike hoe kwaliteit  Gemenge NEUTE R18.50 vir 100gr en R35 vir 300gr.  Perfekte verpakking vir die kosblikke.  Ook uiters lae pryse op gedroogde perskes en gedroogde vrugtestukkies (R4.50 per pakkie van lg).
  • PEPSI blikkies.  R25 vir 6 x 300ml.  
  • OLYWE 3 pakkies vir R20.
  • OTEES R24 en COCO POPS R19.50  sal die kinders beslis gelukkig hou.
  • Graanvlokkies R29.50 vir 400gr
  • Koffiekapsules R25 vir 10 Nespresso versoenbaar.  Sterktes van 6,9 en 11.

Mag jy ‘n VREESVRYE week he.  Ek dink dis tyd vir die ou Ierse seenwens:  Mag al jou vyande (en corona) naar word.Mag jou beursie swaar word enMag jy deur Jesus bewaar word.

Vreesvrye Groete (hoes hoes)

Corolla Rossouw (Ek was nog altyd ‘n Toyota man)