Hand Sanitizer

Posted on

Ek voel nogal trots op Daai Kookwater Winkel en Kookwater Biltong en Kaas wat die ander winkels in Wellington en Paarl los voor is die mees gesoekte produk in die dorp –  Handreiniger oftewel HENDSENITAAIZER.  Kom koop gerus: 150ml teen R30 – 70% alkohol.  Almal is kwaad vir die ouens wat al die T-papier opstock, so ons beperk die aantal houertjies wat jy mag koop tot ‘n maksimum van 20 per persoon per dag.  Die winkel maak 8 uur oop en ons het net 2000 houertjies.  Gouspring.
Dis darem nie al wat ons in die winkel het nie.  Kom maak gerus ‘n draai spaar sommer baie op ons ander heerlike laeprys ‘opstock items’:  Kom maak gerus jou trollie of bakkie vol, ons het volop voorraad:

  • 3 Avo’s vir R10
  • 6 x 300ml PEPSI of PEPSI MAX blikkies vir slegs R25.
  • WRAPS – 10 GROTES vir R22.50 of 10 kleintjies vir R19.50
  • TAMATIES R7.50 per kg
  • Jalepeno rissies R12.50 per kg
  • Tamatiesous: R29.50 vir 5 liter,   R15 vir 2 liter en R7.50 vir 750ml

Ek glo nog vas dat ons ou nasie se humor ons sal deurdra.  Dit het al baie in die verlede die ergste stress verlig.  Hou die blink kant bo – jy het mos genoeg T-papier in voorraad. Dis nogal jammer dat die masker’ding’ nie so kwaai hier in die Weskaap posgevat het nie.  Daar is ‘n paar ouens wat ek graag van ‘n masker sou wou voorsien.  Hoe minder ek van hulle sien hoe beter. 

BlouWillemOpMaandag in die Burger was Maandag weer op sy stukke.  Hy se die wat jy nie meer met die hand mag groet nie, is nie vir hom en sy buurman ‘n probleem nie.  Hulle groet mekaar sommer met die middelvinger…..   Sy Vriend het gisteraand uit die kroeg vir sy vrou laat weet die een ou het in die kroeg gehoes.  Hulle moet nou daar bly in kwarentyn vir 14 dae.  Sy moenie opbly nie.
Mag jou week fantasies wees.  Mag jou hande mooi skoon wees en mag jy en jou familie nog vir jare geld spaar by Kookwater.

Hoesvrye groete

Francois