Haal die Ys uit jou lewe

Posted on

My rit na Darling in die ysige koue en reen was eenvoudig hemels.  Met die lae wolke, die plate varkblomme, grasgroen en goudgeel landerye en die reuk van 800 orgidiee blomme in die motor, was my dag gemaak.  My tande was kurkdroog van glimlag oor die mooi in die lewe.  

Toe ek en my soetlief ‘n leeftyd gelede getrou het, het ek my voorgeneem om altyd blomme in die huis te he.  Dit het nie altyd gerealiseer nie, aangesien geld nie altyd volop was nie.  Die orgidiee maak dit nou makliker.  Ons het nou die stringe teen 2 vir R100 of R55 elk en dan pragtige orgidee ruikers met 3 stringe blomme in vir slegs R95.  Perfek vir ‘n geskenk. My huis blom.

Almal praat van koop en ondersteun plaaslik.  Ek ondersteun dit 100%, maar nie teen ‘n duurder prys nie – my hele winkel getuig daarvan.  Ek dink dis wel uiters belangrik dat ons die entrepeneurs moet grootmaak en help.  Die nuutste wurmboer in die gemeenskap is die 11 jarige AJ.  Hy verkoop tans sy wurmtee teen R35 vir 5 liter (klaar gemeng).  My 377 bokbaaivygieblomme (met die vorige sensus) spreek daagliks hul dankbaarheid uit vir AJ se wurmtee.  Kom koop jou groenteplantjies(blomkool,kopkool, broccoli, spinasie en kruie teen R9.50 per sespak) en Daisiebosse (R20) en maak hulle gelukkig met AJ se wurmtee.
Die week se lekker pryse sluit onder andere in:

  • Bran Beskuit van Nibbly Bits R19.50.  Die eerste 10 wat ek vanoggend voor die kaggel saam met my koffie gehad het, was hemels.  Jy sal nie spyt wees nie  (daar is ander soorte ook.)
  • Starbucks Koffiekapsules R35 vir 10
  • Jacobs Espresso koffiebone R69 
  • Camembert en Brie R18.50 – President en Forest Hill.
  • SOJA ENERGIEDRANKIES R7.50 vir 500ml
  • Mr Brownie – 8 brownies vir R19.50
  • Fruitree glasbottels Cranberrysap R36 vir 6 x 350ml
  • Lipton SUIKERVRYE perske ystee R36 vir 6x350ml blikkies. Dis vrek lekker.
  • Oumawange R14.50 – Pienk en Wit of geroosterde klapper
  • Koeksisters R15.50 per pakkie.  Dit gaan darem goed saam met ‘n koppie stomende tee in die koue.  Koeksisters en/of ons makataanstukke is ook heerlik saam met die Camembert en Brie op ‘n kaasbord voor die kaggel.
  • Die botteltjies Viking Chilli Paste sal beslis ook die koue weghou.  Heerlik geurig in enige gereg.

Mag jy vandag baaaiieee mooi dinge in jou lewe raaksien en die mooi dinge met ander deel.  Bewe bietjie nader aan jou kaggel en wees dankbaar vir jou lekker lewe.

Ysige erdwurmgroete

Frans Orgidie aka akward Rossouw

Geniet die koue weer