Groenteplantjies vir WYSNEUSE

Posted on

Die weer is reg (eintlik heerlik) en Kookwater help jou om die boer in jou wakker te maak.  Maak jou eie groentetuin. Ons het heerlike plantjies om jou eie vars groentes te kweek: Blomkool, Kopkool, Broccholi, Brusselse spruite en dwerg Spinasie teen slegs R9.50 per sespak.  Ons het ook Pietersielie en Basiliekruid  (Basil) teen R9.50 per sespak.  Plant ook ‘n paar Madeliefiebosse teen R20 (Daisies) vir ‘n bietjie kleur in die tuin.  Die nuutste jong Entrepreneur in die dorp is die 11 jarige AJ du Plessis.  Hy het ‘n erdwurmplaas en gaan jou help om jou groentes en plante pragtig te laat groei.  R35 vir VYF liter Erdwurmtee – klaar verdun met reenwater om jou die moeite te spaar.  As jy dalk ‘n paar 2 liter melkbottels by die huis het, bring asb winkel toe – dit sal AJ se kostes afbring. Kom ons help die wurmboer.

Ek is taamlik opgewonde oor die lekker nuwe produkte die week:

  • CAMEMBERT EN BRIE R18.50.  Sjoe – ons het lanklaas hierdie wenners in die winkel gehad.  Die weer is reg vir ‘n lekker ‘sundownertjie’.  Die kaasbord moet natuurlik ook Kiri Dip en Crunck op he – nog steeds teen ‘n KWART van ander winkels se prys: R17 vir 8 bakkies
  • ROOISKILGOUDA R85 per kg – nog ‘n kaasbordwenner.  
  • 3 pakkies OLYWE vir R20 (gewoonlik R17 per pakkie elders)
  • Yumchum Yoghurt R9.50 per sespak
  • Pronutro TODLERS R15
  • 15 pakkies JELLIE en/of POEDING vir R10.
  • Verskeie SAFARI neute en vrugtestafies teen belaglik lae pryse.

Nie almal hou van ‘n WYSNEUS nie – veral nie as dit bo jou masker uithang nie.  Onthou asb om jou neus onder die masker te bere as jy ons winkel besoek. Moenie verplig voel om jou neus vir ons te wys nie – selfs al voel jy dat hierdie aristokratiese aanhangsel een van jou sterk punte in jou bemarking van jouself is.  Ons wil graag ons personeel en klante beskerm teen die ou Corona virus.  Let wel – ons glo nie daaraan om in vrees te lewe nie, maar ons is nie onverskillig nie. 

Mag jou week vol van verrassings en lekker dinge wees (amper so vol soos jou beursie nadat jy lekker gespaar het by Kookwater).

Einde-van-die-maand-groete

Wysneus Rossouw