gesondheid en Avoukarrepeure

Posted on

Wanneer het jy laas Moerbeie ge-eet?  Die gesondheid loop los rond by albei Kookwater winkels. Ons het heerlike gesonde vrugtes en bessies: Moerbeie R18, Aarbeie R30, Vars Bloubessies R15 en Gevriesde Bloubessies R45 per kg. Ons het ook die mooiste Avo’s ingekry teen 2 vir R10 (ripe & ready soos altyd)  Onthou om dit in die yskas te sit, want hulle is mos reeds ryp.

Alle aanduidings is daar dat die hitte ons die week gaan begin voorberei vir die somer.  Ons is reg daarvoor met heerlike kosblik- en afkoelidees:

  • Ceres Sappies R21 vir 6 x 200ml. Ons het ‘n groot verskeidenheid.
  • STERI STUMPIES: 250ml botteltjies vir R5 en 1 liter vir R16.50.
  • 2 liter Koeldranke vir R5. Koop groot en wees reg vir die hitte.
  • Lipton ystee 6 x 330ml blikkies vir R21. Suikervry, perskegeur.
  • 1 liter SAP R9.50.
  • DIP & CRUNCH R17.50 vir 8 bakkies. ‘n Kosblik wenner.

Ons het ook heerlike ROOMKAAS ingekry teen R21 per bakkie – Gewoon en “Smoked Ham”.  My mond hang oop elke keer as ek sien dat dit R45 in ander winkels kos.  Ons Gouda en Cheddar is ook net R85 per kg.

TUINSTORIES: Ons het die mooiste plantjies ingekry teen R9.50 per sespak of per potjie:  VYGIES, Grasangeliere, Tamaties, Pietersielie, Blaarslaai en Basiliekruid.  Gesondheid uit die grond uit.

Ek weet nou nie onder watter afdeling om dit te sit nie, maar ons het 300ml kleefvrye aanspuit BOTTER vir R19.50 – soos “spray & cook”.
Ons duur KOFFIES (teen ons goedkoop pryse) is nog volop: Jacobs, Cafe a la Carte (R49) en Starbucks kapsules (R35 vir 10). Nibbly Bits se 6 soorte BESKUIT (R19.50) rond ‘n lekker inkopie ervaring mooi af.

GESONDHEID IN DIE RONDHEID!!  Geniet jou week.
Bessiegroete

Avo Rossouw