Galbani Mozzarella, Finish Powerball, KWARTELEIERS, Hoe’s daai vir ‘n verskeidenheid?

Posted on
Kookwater maak dit beter

Ek het die volgende ‘wysheid’ op sosiale media opgetel:  “It does not matter where you are in life, because the great thing about life is that it is always your NEXT MOVE that counts.   No matter where you are, you can change your life if you want to.  It’s always your next decision.”  Sal dit nie lekker wees as die mense rondom jou nie in sak en as sit oor die land, die vooruitsigte, die ekonomie en misdaad nie.  Ek funksioneer beter as ek omring word deur mooi goed en positiewe mense.  Mooi blomme doen dit vir my.  Ek plant hulle totdat daar genoeg is.  As die tweebeen en vierbeen bokke (bokkers) dit steel of opvreet, dan plant ons nog.  Mooi bome is heerlik in die somer in Wellington.  As die beeste dit opvreet of die stout kinders of gangsters dit uittrek en afbreek, dan plant ons nog, want ek wil. Ek fokus daarop om hier rondom my ‘n verskil te maak.  Moenie in sak en as gaan sit nie, doen iets aan jou omstandighede, jou lewe.  Ek verstaan nie altyd die mense wat niks het, behalwe TYD nie.  Hoekom gebruik jy nie jou tyd om die area rondom jou mooi te maak nie.  Of jy afgetree is of werkloos by die huis sit.  Jy het TYD – gebruik dit om ‘n verskil te maak.  IT’S ALWAYS YOUR NEXT MOVE.  Jy kan ‘n verskil maak aan ons land – JA JY.

 

Ons het ‘n paar lekker dinge in die winkel bygekry in die laaste paar dae:

  • Langlewe melk – R13 per liter of R69 vir 6.  Verpak in bottels, BB 14 Mei 2024, nog reg vir maande.  Geniet.
  • 2,5kg Roomkaas vir R170.  R150 as jy 5 of meer vat.  Bakkers en Spyseniers – kom maak ‘n draai.
  • Blikkies ‘Black Beans’ R9.90
  • 300g Galbani MOZZARELLA balletjies R49 (tans R85 elders)
  • 13 balletjies FINISH POWERBALL  skottelgoedwasser tablette R49.
  • Sportdae sal nooit weer dieselfde wees nie: Grootmaataankope – meer as 24 het spesiale pryse: 500ml Still water R5,  Bashews blikkies R7, Twizza Blikkies R6, Twizza botteltjies R5.
  • 10 JACOBS Barista Koffiekapsules R55.
  • GRATIS LEMMETJIES (suurlemoene) – SOVEEL AS JY WIL HE  – R0
  • POPPY POPS R1 elk of R25 vir 30 pakkies.  ‘Sweetcorn geur’.  Dis heerlik.
  • 1kg GRONDBOONTJIEBOTTER R59

‘n Paar jaar gelede het my kinders my eendag kom vertel van hierdie kinders in hul klas wie se ma elke dag saam met die toebroodjies vir die kind ‘n briefie insit.  Dit het my altyd bygebly.  Oulike kinders, Oulike ma.  Begin klein. Koop ‘n boks met 24 Mini PS sjokolades vir R55 en skryf daai PS boodskappie op die sjokolade vir jou kind se kosblik: PS ‘Jy’s kosbaar’ of ‘my ou slim kind’ of ‘Djy’s Kookwater’  Die moontlikhede is eindeloos – los ‘n boodskappie  op jou man se kopkussing, in jou meisie se kar of potloodsakkie.  Komaan man – Ek weet jy is mos kreatief.  IT IS ALWAYS YOUR NEXT MOVE THAT CAN MAKE THE DIFFERENCE.

 

Ons het ‘n dame daar uit Gansbaai se wereld ontdek wat fynbos verkoop.  Die mooiste kleure blou, pienk, wit, geel.  Ek het nog nie vantevore dit gesien nie.  Lenny van Wellington se Kookwater Winkel het sy kunstalent ontdek en maak nou die mooiste bossies fynbos en proteas vir R55.  Kom verlustig jouself in iets moois – en koop sommer ‘n bossie ook.  As ek daai 500 steeltjies fynbos in die bakkie laai is dit by elke stop waar ek voorraad optel, heerlik om die agterdeur oop te maak en daai heerlike geur te beleef.                          

 

Is dit nie tyd om iets nuut te probeer nie?  Wat van KWARTELEIERS?  ‘n Absolute DUUUUR delikatessen.  Behalwe natuurlik by Kookwater.  ‘n Man het so 5 maande gelede hier aangekom met ‘n klompie kwarteleiers.  Te Pragtig.  Die prys? R3 per eiertjie (ons aankoopprys).  Dit was ‘n bietjie rof al was die eiertjies baie mooi.  Verlede week het ‘n ander man hier aangekom met kwarteleiers en gevra of ons nie belangstel nie.  Lang storie kort – ons verkoop nou kwarteleiers teen R39 vir 30.  Baie mooi en baie gewild.  Uit die bloute skakel ‘n man uit Malmesbury ook Maandag en vra of ons hom nie kan help met sy kolesterol nie.  Hy het ook kwartels en hulle le 40 eiertjies per week. Tot op hede eet hy dit nou maar op, maar hy reken sy gesondheid gaan dit nie hou nie.  Nou verkoop Malmesbury ook Kwarteleiers. Die kwartels sal hul storie moet ken as Kookwater se mense eers die eiertjies agterkom.  Geniet dit. 

 

So hier is WELLINGTON se Kookwater se nuutste’MOVE’:
Ons is die eerste Sondag en die laaste Sondag van elke Maand oop op ‘n Sondag van 9 uur tot 12 uur. Kom haal jou blomme en koeke. Ons wag vir jou

 

Nou het jy sommer heelwat planne vir die lekker volgende verandering in jou lewe.  Maak ‘n lekker verskil daar waar jy is.

 

Kookwater Groete

Frans – die ou met die “MOVES”

 

LAASTE DAG!

Deel bietjie jou lekker resepte met ons en wen ‘n lekker prys. Jou lekker resep sal ‘n glimlag op baie gesiggies laat en die prys sal jou gesiggie ook ophelder.

Kompetisie - Competition