Ferrero Rocher, PTSD en ‘Ek is lief vir jou’

Posted on

40 jaar gelede was daar 15 matrieks in H/skool Zwartberg in Prins Albert.  9 van hulle het verlede naweek vergader om weer die bande op te tel, die stories te deel en die lewe te vier.  Mossie, Kraai, Langes, Attie, Wiena – die name was nog dieselfde.  Ons het vir Donkie gemis wat kort na skool sy lewe verloor het in die Polisie.  Maatjie sal volgende keer met ons wees.  Die herinneringe aan die onderwysers: Ou Kat, Dummy, Voeltjie, Mr Chips, Kerrie was ook daar en ‘n hele paar manne het erg aan Post Traumatiese Stress gely toe ons die skool besoek en op daai bankie voor die KANTOOR gaan sit het.  Die goeie ou dae van ses van die bestes. 

Ek was stom geslaan om te sien hoe ons skool vooruitgaan – Houtwerk is nie meer daar nie, maar wel Landbou en praktiese vakke soos sweis, loodgieterswerk en basiese elektriese werk.  Presies wat ons dorp en sy mense nodig het.  Dis my grootword dorp.  Ons sal nie gaan le nie.  Die skool se leuse ‘UT PROSIM”  sal ook altyd by my bly – ‘OM VAN DIENS TE WEES’.  ONS HET ROF GROOTGEWORD.  Dis amptelik.  Ek het oorleef ten spyte van:  Loodverf, die Houtlepel,  geen helmets op fietse, koeldrank uit ‘n bottel drink en deel, waterdrink uit ‘n tuinslang en die watersloot.

As ek ‘n week lank weg is van die winkels, moet ek mos darem weer inhaal en vergoed vir die verlore tyd.  Ek het gister weer erg voorraad aangery en lekker nuwe produkte gekry – natuurlik teen heerlike lae pryse:

  • FERRERO ROCHER sjokolades – 3 balletjies vir R19.50 en ‘n pragtige geskenkpakkie met 6 balletjies vir slegs R45.
  • FETA KAAS 400gr se prys het gedaal.  Nou net R32.50
  • Creamy Blue Bloukaas R19.50.  Daar is ook weer volop Roomkaas R19.50.
  • Bak iets lekkers in hierdie koue:  Moirs gebakte poedingmengsel (Sjokolade en Malva) R18.50   en   Skinny (lae suiker) Sjokolade Brownie mengsel R30.
  • YOGHURT – 500gr mixed fruit R6.50,   150gr double cream PLAIN R5.50
  • Dis tyd dat jy iets mooi doen in jou buurt – Plant groenteplantjies in jou parkie en helder jou buurt op met pragtige blomplantjies op jou sypaadjie. Alles net R9.50 vir ‘n sespak.  As die eerste ding wat in jou kop opkom is dat ‘hulle’ dit sal steel, kruip terug in jou huis en sluit die deure.  Dis tyd vir die ander mense wat iets mooi wil doen om op te staan.  Begin sommer groot – koop 10 of meer pakkies en maak ‘n verskil.   Die water is nou gratis.  (sommige mense is soos wolke – as hulle verdwyn, is dit ‘n heerlike dag)

Met vrouedag agter die rug, moet ek die volgende een deel:  Tydens oggend bybelstudie gesels die vroue oor hoe om in ‘n liefdevolle verhouding met jou man te leef.  Die studieleier vra toe: “Hoeveel van julle is lief vir jul mans?.  Al die vroue steek hul hande op en toe vra sy wanneer laas hulle dit vir hul man gese het dat jy lief is vir hom?.  ‘n Paar se gister… vandag.. en ‘n paar kon nie onthou nie.   Die Studieleier se toe om sommer nou ‘n sms na jou man toe te stuur wat lui:  ‘Ek het jou lief liefling”…     Na ‘n paar minute antwoord hul mans terug en sy vra hul moet dit hardop voorlees aan die groep.  Hier is ‘n paar reaksies:

  • Ma van my kinders, is jy siek?
  • Het jy die kar gestamp?
  • Verstaan nie wat jy bedoel nie, wat het jy nou aangevang?
  • Droom ek??
  • Se net hoeveel jy nodig het
  • Vir wie was die boodskap bedoel?
  • Jou ma kom alweer kuier, ne?
  • Jy het belowe om nie deur die dag te drink nie!
  • Waar is jy?  Word jy ge-hijack?

Bly lief vir Mammie en wys dit (met ‘n FR sjokolade).  ‘n Ruiker Orgidiee hoe baie langer (dus meer prakties).  

Blomgroete 

Frans Rocher

NS: onthou UT PROSIM.