Ferrero Rocher Kersversierings, klaspartytjies en Parkies vir Kersfees

Posted on

Dit kon net sowel ‘n hoofstuk uit een van Dana Snyman se boeke wees wat ek gister aangehoor het in ‘n parkie in Wellington.  ‘n Jong ma en haar dogtertjie nader my.  Jammer om te pla, maar Uncle, se vir haar julle gaan die parkie mooi maak.  Sy willie my glo nie.  Ek se ons gaan so maak.  Sy draai na die dogtertjie toe met ‘n positiewe bevestiging:  DIS MOS KERSFEES.  Ek het ‘n traan gepik en weggekyk.  Doen iets in jou gemeenskap – mense het jou nodig.  Wat van ‘n kersboom in julle parkie versier?  Geskenkpakkies uitdeel vir die bejaardes? Bak ‘n koek vir die kinders in die buurt?  Doen net iets.  (Wat jy ook al doen, moet asseblief nie geld of kos gee vir die straatkinders in Wellington nie.  Hulle het huise, hulle kan elke dag kos kry by hul skole of by die kerk, hulle is besig om kriminele te word, omdat ons hulle so leer).

 

Dis die tyd van die jaar wat ons begin dink aan vakansie.  Die skole sluit een van die dae en dinge begin lekker raak.  By Kookwater vat ons dit een ding op ‘n slag:

MAAK DIE EINDE VAN DIE SKOOLJAAR ‘N FEES:

  • ‘n FERRERO ROCHER geskenk vir Juffrou (moenie die menere vergeet nie) sit ‘n glimlag op enige onderwyser se gesig.  Hulle het hard gewerk vanjaar en moes baie van jou ou bloedjie se twak opvreet: Ons het geskenkpakkies (met ‘n strikkie op) met 6 balletjies of gewones met 8 balletjies vir R45.  15 balletjies kos R79, 25 balletjies kos R95.  Jy kan natuurlik ook die LINDT Fruit Sensations van R25.50 probeer.  
  • Die klaspartytjie is ook ‘n lekker manier om die jaar af te sluit.  Kookwater het vele sappies, chips, Pringles (R15), stokkielekkers en lekkers.  Die wenner is die boksies Coco Pops Treats – R30 vir 15.  Koop sommer vir elkeen in die klas een.  Jy sal so gewild wees soos jy graag wil wees.

BEPLAN IETS LEKKERS:

  • PADKOS as julle iewers heen gaan.  Amandels R135/kg, Coco Pops Treats R30 vir 15, 200ml SAPPIES vanaf R48 vir 24, ‘n verskeidenheid neute, SAFARI produkte, Vyerolle uit die Karoo en vele meer vir jou genot.  Onthou om jou voorraad water saam te vat as die water dalk anders smaak: Ons het nou 4 x 2liter bottels water vir R10.
  • Waar jy ookal gaan vakansie hou (familie en vriende dalk)  – moenie gaan met lee hande nie.  Vat ‘n mooi ronde kaasbord (R120) saam.  Dalk ‘n Houtkissie met ‘n kaktus wat jy self gekweek het (of kruieplantjies) .  Sjokolades werk altyd..
  • Begin betyds met jul kersboom of vat genoeg versierings saam vir die klein boompie waarheen julle ook al gaan.  Ons het pragtige gekleurde (eetbare) kieries om te hang aan die boom. Die wenner is natuurlik die Ferreiro Rocher sterre (met 3 balletjies in) vir R19.50.  Dis ‘n wakker gedagte – en heerlik.

Daar is nie tyd vir handjies vou en jouself bejammer nie.  Ons het nie Skommelstoel mense in Suid Afrika nodig nie.  Ons het mense met planne nodig.  Jy is op aarde geplaas om ‘n spesifieke probleem op te los wat net jy kan doen.  Daar is iemand wat net jy kan help. Moenie wag tot jy eendag uitvind wie, wat of waar dit is nie.  Begin nou – daar waar jy is, met dit wat jy het.  DIS MOS KERSFEES.

 

Dis nog nie tyd vir afskakel nie, maar goeie beplanning maak die afskakel nog lekkerder.  Geniet die beplanning en die vooruitsig van genot.

Amperfeesgroete

Ferrero Rossouw