Feesvieringe

Daar is soveel dinge om voor dankbaar te wees: My reenwatertenke is vol, Die grasperk is pragtig groen en DAAI KOOKWATER WINKEL IN NEWTON  IS 1 JAAR OUD.  Soos altyd, soek ons enige geleentheid om lekker fees te vier en 1 Jaartjie oud is rede genoeg.  Natuurlik sal ons feesvier in albei winkels.  ONS LAAT DIE PRYSE LEKKER LAAG SAK.

  • SAP R6.50 PER LITER.  – Vele heerlike geure.
  • SAMPIOENE R16.50 per pakkie.  Dis heerlik om hierdie gunsteling welkom te heet in die winkel.
  • AVOKADOS 4 GROTES VIR R20
  • PARMALAT CHEDDAR R69 per kg.  
  • Chicken Chunks – R7.90 per pakkie of 10 pakke vir R75.
  • Kaasmarmite R22.50 – nou weer voorraad
  • Kaasvingers R1.50 (gewoonlik R3.50) Biltong en Cheddar.  Dis daai kasie wat ons manne altyd in die weermag in die ‘ratpack’ gekry het.
  • Glasbottel Melkskommel – R9
  • Vars Proteas R7 elk. Susara en Nairobi

Ons het wel een spesiale geskenk net vir Daai Kookwater Winkel se klante:  ALLE SASSA KAARTHOUERS wat by ons koop, se naam word in ‘n doos geplaas en ons trek elke week een gelukkige wenner wat beloon word met R200 se produkte uit die winkel.  Versprei die woord.

Ek lees so baie op Facebook van mense met klagtes.  Dis partykeer nodig om die goeie ook raak te sien.  Dankie aan die Drakenstein Munisipaliteit wat ons dorp so mooi maak:  Die gras langs die paaie word gesny.  Vullis word opgetel (ek weet rerig nie hoekom mense so mors nie) en die sypaadjies word mooi geverf.  Dankie in die besonder vir die sypaadjie wat rolstoelvriendelik gemaak is voor Kookwater Biltong en Kaas.

Gooi los en kom geniet die feespryse.

Partytjiegroete, Francois

Dis mooi om te sien hoe die dinge gebeur rondom jou.