Erfenisdagdinge

Ons moet leer uit die verlede en beplan vir die toekoms – ons kinders se erfenis.  Die Dinosourusse het byvoorbeeld nie sjokolade ge-eet nie en kyk waar is hulle nou.  (Ons Lindt sjokolades is nog steeds R19.50)  By Kookwater Biltong en Kaas en Daai Kookwater Winkel het ons heerlike erfenisdinge reg vir jou – ons begin sommer al Maandag en is spesiaal op Dinsdag (Erfenisdag) oop van 8 tot 5.  Hier is ons erfenisdagwenke:

  • Laat jou kinders ‘n liefde vir mooi dinge en ‘n liefde vir tuinmaak by jou erf.  Plant mooi kleurvolle gesiggies  in jou tuin – Maandag en Dinsdag net R7.50 per sespak.  Grasangeliere in ‘n groot pot – ook net R7.50 per pot. Wat ‘n erfenis.  Laat jou huis blom: Speldekussings kos nou net R25 vir 10 blomme.
  • Waterblommetjies R45 per kg.  Maak ‘n pot of ‘n bredie.  Hierdie is erfeniskos.
  • Herinneringe uit my jeug – heerlike koffie en beskuit saam met oupa op die stoep.  Ons het beskuit vir R16.50 en verskeie soorte moerkoffie (vanaf R22) en koffiekapsules (R19.50 vir 10).
  • Braai lekker op Braaidag. Ons het Braaipap se prys ook verlaag: R9.50 per kg. Mozzarella en Gouda Kaas se pryse is ook verlaag – R65 per kg.
  • Maak ‘n uitstappie na Daai Kookwater Winkel in Newton en kom kyk ons puik pryse op meubels: Hangkaste R790, 2 deur kassies R190, Kantoorstoele – slegs R90, gemonteerde Spieels (1,8m x 1m – R350), Enkelbedmatrasse R590. Daar is ook 2 pragtige (luukse) rusbanke teen R1600 elk.
  • Bederf die kinders: 2 liter koeldranke teen R5  !!!. Verskeie geure – Mountaindew, Cream Soda, Litchi en vele meer.

Geniet die afdag / langnaweek en sommer jou erfenis ook.  In hierdie pragtige land van ons het ons heelwat om op trots te wees.  Kyk bietjie rondom jou en kyk bietjie weg van die alledaagse moord en doodslag in die koerante.  Ons het positiewe mense nodig wat ‘n verskil kan maak.

Ek sien laasweek hierdie mooi voorskoot met die woorde ‘Braai my geliefde Land’  – natuurlik vry vertaal van die boek: ‘Cry my beloved Country’.

Mag hy val waar hy wil (solank dit op die kole is)

Erfenisgroete

Willem Francois Rossouw