energieke pryse en vee-verhale

Posted on

Hierdie Lenteweer doen dit vir my.  Met Saterdag se besending Orgidiee, kon ek my vergaap aan die mooiste tonnels en rugbyvelde vol orgidieeblomme.  Die pragtige rollende groen en geel landerye van die koring en Canola het ook my dag en week sommer opgevrolik.  Ek fokus nou nie meer op die 600 000 mense wat al siek geraak het in Suid Afrika nie, Ek fokus op die 99.9857142% van die mense in Suid Afrika wat die virus oorleef het. (doen gerus die berekening: 8000 sterftes uit 56 000 000).  Ek fokus nie op korrupsie nie, ek fokus op waar ek ander mense kan help om geld te spaar.   Ek weier om te fokus op vrees, ek fokus (sonder om onverskillig te wees) op die mooi dinge wat daar is om te geniet.  
Kyk bietjie na die mooi video van ‘n man wat ek verlede Saterdag daar agter Daai Kookwater Winkel in Newton afgeneem het wat sy werk doen met ‘n lied in sy hart – geen skares, geen musiek, net gelukkig.  My Buurman Johannes reken dis wat gebeur as ‘n mens meer Red Bull oor jou ontbytpap gooi as wat die etiket aanbeveel.  ‘n Ware “Vee-verhaal”.

Werk met ‘n lied in jou hart!

Ons fokus dus hierdie week op die mooi lae pryse by albei ons winkels:

  • Fruitree Cranberry sap in glasbottels 6 x 350ml vir R36 (kosbliktyd)
  • LIPTON  LITE Perske ystee 6 x 330ml blikkies vir R36 (kosblikwenner)
  • CERES Fruit&Water Swirl  R9.90 per liter
  • Rhodes sappe R9.90 per liter
  • 1,2 liter Fruitree aanmaaksap R18.50
  • KIRI DIP&CRUNCH – R17 vir 8 bakkies (kosblikwenner).  – Ek sien gister dit kos nou R47.50 vir 4 houertjies in ander winkels.
  • Camembert en Brie R18.50
  • SQUISH Vrugtepuree R4.50
  • 3 Natural Value dubbelstafies vir R10 (nog ‘n gesonde kosblikwenner)

Mag jou dag vol huppel wees.  Moenie die lewensvreugde inhou nie.  Wys dit.  Smile agter daai masker. Groet mense wat jy nie eers ken nie.  Hou op kerm oor wat ander verkeerd doen – doen jy ‘n slag iets reg.  Tel daai gemors op in jou buurt – al is dit die tikkoppe wat so mors – dis JY wat daar woon. Doen jou werk met ‘n lied in die hart (selfs al sien niemand anders dit raak nie).
Mag jy vandag BAAAAIIEEE mooi goed sien – beginnende by die ou in die spieel se mooi glimlag!

Huppelkind groete

Vreugdevolle Fransene