EK DRINK NIE KOFFIE OM WAKKER TE WORD NIE

Posted on

EK DRINK NIE KOFFIE OM WAKKER TE WORD NIE.  EK WORD WAKKER OM KOFFIE TE DRINK.  Lekker bly maar lekker. Daar is darem nie sommer iets so lekker soos ‘n heerlike koppie koffie en jou gunsteling beskuit in hierdie koue nie.  Ons weet en daarom het ons vir jou die lekkerste koffies teen die beste pryse:

  • STARBUCKS KOFFIEKAPSULES R35 vir 10.  Natuurlik Nespresso ‘compatible’.  Ons verskeidenheid het vergroot: Blonde Espresso Roast (6), Guatamala (7) en Colombia (8). Die getal tussen hakies dui op die sterkte.
  • Cafe A La Carte R49 vir 500gr  (R99 elders).  Groen en Blou.
  • JACOBS ESPRESSO KOFFIEBONE R49 vir 500gr.  (R99 elders)
  • JACOBS 3 in 1 GOLDEN GRANULES (10 sakkies) ‘Rich and Creamy’ en ‘Smooth and Creamy’.  R37.50
  • JACOBS KRONUNG Pure Ground Coffee R37.50.  Dark Roast INTENSE en Medium Roast DELICATE.

Dis ‘n heerlike verskeidenheid koffies, maar die verskeidenheid NIBBLY BITS BESKUIT is nogal iets om oor liries te raak: Bran, Karringmelk, ‘Condensed Milk’, Vegan, Mosbolletjies, Muesli en ‘Honey & Oats’.  ALLES TEEN NET R19.50 per pak.  Ek het nie eers geweet ‘n mens kry 7 soorte beskuit nie, dmaar daar het jy dit nou.  Moenie die kans vat en net een of twee soorte probeer nie, koop al sewe.  Jy gaan huil as jy more terugkom en uitvind dat die ander 5 soorte uitverkoop is.
Die koffie en beskuit is eintlik die hoogtepunt van die week, maar dit sal vieslik wees van my om jou nie te vertel dat ons vandag weer 50 boksies lekker groot avokadopere ingekry het nie.  3 lekker grotes vir R10.  Die probleem daarmee om die prys so laag te maak, is dat jy dan altyd die hoenders kry wat dink dat daar iets fout is met die avo’s.  In die belang van medemenslikheid wil ons net die volgende versoeke rig rakende die AVO’S. Almal is RIPE AND READY, m.a.w.:

  • Moenie drukkerig raak nie, soek net mooi grotes uit.  Die avo’s is rerig lekker sag en dis glad nie nodig dat jy dit nog druk nie.  Avosap is nie lekker nie.  My ma het altyd gese: Drie keer om die vyeboom, dan is al die vye ryp.  MOENIE DRUK NIE.
  • As jy tuis kom, moenie die Avo’s tussen die piesangs in die vrugtebak sit nie.  Sit dit in die yskas.  Hulle hoef nie ryp te raak nie, hulle is klaar ryp.
  • Hierdie is nie die standaard klippe wat eers oor 3 weke dalk eetbaar gaan wees nie.  Eet hulle vandag en more – slaai, roosterbrood, of net so.  Geniet dit net.  Ek kan nie wag vir moreoggend se avobroodjie nie.

Daar kom weer vandag vars Speldekussings in (4 vir R20) en ook ‘n Condor   vol  van die mooiste vars geplukte orgidiee – R100 vir 2 stringe of R95 vir ‘n 3string orgidieeruiker. 

Vir die week wat voorle: “May your coffee be stronger than your daughters attitude”
Koffiegroete

Delicate Rossouw aka The Blonde Espresso
NS As jy moeilike besluite moet neem die week, VOLG JOU HART, maar vat ‘n koffie saam.