Droe Tande – Starbucks, Moerbye, Wraps en Laughing Cow

Posted on

My tande is kurkdroog agter die masker – al sedert verlede Donderdag.  Dit het gebeur toe ‘n ou my daar tussen Darling en Atlantis bel en my meedeel dat hy vir my ‘n duisternis STARBUCKS koffiekapsules het.  Ek kon my ore nie glo nie.  Na ‘n vinnige soektog op ‘n paar toeps (apps), kom ek agter dat Starbucks Koffiekapsules nou verhandel teen R89.99 vir 10 – dis nou as jy dit in die hande kan kry.  Kookwater glo mos nie aan die duur goed nie, of liewer, Kookwater glo aan die duur goed, maar teen ‘n heerlike goedkoop prys.  Ons STARBUCKS koffiekapsules (7 soorte) kos nou net R35 vir 10 of om dit lekker te maak R90 vir 3 pakke(30).  Dis een derde van ander winkels se prys!   Natuurlik het die droetannesindroom Saterdagmiddag vererger – so teen 2 uur se kant – toe die Bokke daai lekker oorwinning behaal het.  Hierdie droe tanne gaan maklik tot Krismis toe hou – ek voel nog steeds soos ‘n bruidegom op sy troue – my wange is seer ge’smile’.

Van Koffie alleen sal die mens nie leef nie en dus het ons sommer nog ‘n paar pryse laat sak:

  • WRAPS – 6 grotes of 8 medium wraps vir R15.  Of gaan groot en koop 3 pakke vir R30.  Jy kan ook se koop 2 en kry een gratis.  
  • MOERBEIE R19.50.  Onthou jy nog hoe ontsteld jou ma was oor die vlekke op jou klere as jy die moerbeiboom geoes het?  
  • WATERBLOMMETJIES – nou slegs R45 per kg.  Geen winkel klop ons prys nie.
  • MELROSE KAASSMEER R29.50 vir 250gr.  Ons het nog ‘n kosblikwenner:  LAUGHING COW KAASDRIEHOEKIES R15 per wiel of 3 wiele vir R33.  Gaan groot.
  • FERRERO ROCHER: 3 Balletjies vir R19.50,  Geskenkpakkie met 8 balletjies R45 en die grote: 30 balletjies vir R99.  As dit nie ‘n glimlag op jou gesig sit nie, dan is jy seker ‘n diabeet soos ek.  Die goeie nuus is dat dit nog steeds lekker is om dit as geskenk weg te gee.  Die lekkerte kom omdat net jy weet dat jy nie meer as R200 betaal het daarvoor nie.
  • Kellogs Rice Crispies,  Cornflakes en Special K – NOU ALMAL SLEGS R25.

Dis maar goed dat ek heeltyd masker moet dra – dit hou darem die meeste muggies en goggas uit my tanne uit.  Droe tanne is nie maklik nie, maar ek sal dit vat soos ‘n man.  Daar is baie om oor bly te wees en smile sal ek smile.

BOK groete

Starbucks Rossouw