Tuindagdinge, koelgoed vir die somer en GROOTMAATAANKOPE

Posted on

Sondag is tuindag en waar kry jy nou ‘n beter verskoning om jou buurvrou oor te nooi om ‘n koppie of ‘n glasie saam met jou te geniet in jou tuin.  Spog ‘n bietjie met die mooi kleure in jou tuin.  Daar is nog tyd om ‘n klompie blom- of groenteplantjies in die grond te kry.  Met die heerlike reen wat weer vir die volgende paar dae voorspel word, is dit die ideale tyd om jou plantjies ‘n lekker afskop te gee.  Ek hou van kleur en baie daarvan is beslis beter as ‘n bietjie.  Plant ‘n bietjie kleur in jou tuin en moenie dit net vir jouself hou nie – plant ‘n KLOMP op jou sypaadjie of in jou parkie.  Moenie moed opgee as die eerste paar gesteel word of nie oorleef nie – plant nog.  Teen Kookwater se pryse (R9.50 per sespak) het jy geen verskoning om nie sommer 10 of 20 sespakke te koop en ‘n verskil in jou vaal buurt te maak nie.   Terwyl ons nou praat van ‘n verskil maak, is daar nie mense of besighede wat ‘n parkie wil aanneem nie?  Dit behels ‘n bietjie verf en dalk ‘n grassny elke 2 weke of so…    Ja, dit gaan ‘n paar rand kos, maar dit kan ‘n GROOT verskil maak aan ‘n gemeenskap.    Komaan – WEES JY DIE VERSKIL IN JOU DORP.  Bel my by 084 2334 899.

Verlustig jou gerus in die volgende en kry dit sommer op grootmaat.  Te veel van ‘n goeie ding is FANTASTIES.

  • FERREIRO ROCHER :  3 balletjies vir R19.50,       Geskenkpakkie met 6 balletjies vir R45      en die groot wenner – 30 balletjies vir R99 – Kersfees is om die draai. 
  • STARBUCKS Koffiekapsules (7 soorte):  R35 vir 10  of 3 pakke van 10 vir R90  (tans R89.99 vir 10 in ander winkels)
  • WRAPS – pakke van 6 groot of 8 medium wraps vir R15.  GROOTMAAT – koop sommer 3 pakke vir slegs R30.
  • LAUGHING COW Kaasdriehoekies R15 of 3 VIR R33.  Kosblikwenner.
  • MARMITE KAASSMEER – was R24, nou R15.
  • SOPBENE vir daai bredie of sop vir die reenweer – R15 per kg.  Dit gaan ook goed saam met jou waterblommetjiebredie (R45 per kg vir waterblomme).

Ons het die laaste 3 dae so ‘n ligte voorsmakie gehad van die somer wat voorle.  Beplanning is nodig as ons lekker koel wil bly die somer:

  • KINGSLEY 2 LITER Dry Lemon, Lemonade, Tonic Water, Soda Water, Ginger Ale – R6 elk of 2 bottels vir R10.
  • FITCH & LEEDER:  1 LITER Dry Lemon en Ginger Ale R7.50 of 3 bottels vir R20.
  • ISORADE energiedrankie – 3 BOTTELS vir R10
  • 5 liter water – 4 bottels vir R19.

Doen iets lekker of iets goed met al die geld wat jy by Kookwater spaar.  Bel my oor daai parkie wat jy wil aanneem en plant jou sypaadjie propvol kleur. Geniet die week voluit – op grootmaat.

Tuindag groete

Frans Grootmaat.