Se jy ook ja vir als en almal? Dis nie altyd goed nie. Ek kry uit die bloute uit verlede week ‘n oproep van Danny Jordaan of so iemand (name is nie my sterk punt nie). Hy vertel my toe dat Mej. SA, Mia le Roux, siek is en nie aan die Mej Wereld kompetisie kan deelneem nie. Wil ek dan nie in haar plek deelneem nie? Ek was baie gevlei en het aanvanklik nogal gedink dat ek mos maar net kan identifiseer as ‘n seksie jong dame. Identifiseer as enigiets is mos die in ding. Toe ek weer stil word en onthou hoeveel tyd 4 Kookwater Winkels tap, het ek besef dis ongelukkig tyd om NEE te se. Jammer SA, maar partykeer moet ‘n mens NEE se. Is dit nie tyd dat jy ook NEE se vir die belaglike hoe pryse wat almal aan jou wil afsmeer as winskopies nie? Is dit nie tyd dat jy en jou beursie JA se vir Kookwater se uiters lekker lae pryse nie? KOOKWATER het “Woelies” produkte teen Kookwater pryse. Dis immers ons leuse: “Kwaliteit produkte teen Kookwater Pryse”. Kyk bietjie hier:
- Vir die rugby: Dip & Top (chutney) R9.90, 250g Maaskaas met ‘chives’ R9.90, Oom Freddie se TRADISIONELE MELKTERT R120, Mariette se heerlike koeke,
- Vir die gesondes onder ons: AMANDELMEEL R75 per kg, BLOUBESSIES – NOU R10 per bakkie, Heerlike vars Kersies, 24g Youthful Living Butter Cups R21.50 en Collagen Bars R27.50
- Vir die kinders: 6x200ml Sappies R33(Paw Patrol, Frozen II ens), 2 Min Noodles 5 vir R19.50, 4x100g Yoghurt – 3 pakke vir R21. Paw Patrol, Dino Eggs en Sponge Bob lekkers R6.50
- Vir Woef: Pedigree 100g Gravy om oor daai droe pille te gooi – 3 vir R29.90. Die Groot sakke Hondekos kom weer vanmiddag in.
- Vir die fynproewer: 100g slices Provolone Italiaanse Kaas R17.50. Heerlik. GLASBOTTEL ROOIKOOL – 3 vir R29.90, 100G KIRI ROOMKAAS BLOKKE R9.90.
- Geskenke vir Kersfees: Houtkissies vanaf R35: It’s a Boy, Kruie, ens. Kaasborde, Gevlegde Mandjies, FERRERO ROCHER binne die Mandjies, ens. R25 vir 3kg ingelegde perskes vir daai glasbotteltjies met kerrieperskes wat jy vir almal kan gee vir Kersfees.
- MAAK ‘N GROOT TRIFLE NOU – hoekom wag vir Kersfees? 3KG PEER, PERSKE OF APPELKOOS R25, Fruit Cocktail R35.
- Dr Oetker PIZZAS – R55 VIR FAMILIA PIZZAS, NUVEG Chop Suey en Thai Panang Curry – 2 vir R65.
Ons BLIKBOKSKOMPETISIE eindig Donderdag 23 November: Koop ‘n boks van 12 blikke van 820g Perskes, pere of appelkoos vir R108 (R9 per blik) en kry ‘n inskrywing in ons trekking om ‘n boks 820g perskes te wen. Twee wenners in elke winkel. Na Donderdag sal die prys nog bly, maar nie die kompetisie nie. Gouspring.
Ek staan nou die dag op die skaal en trek my maag in. Mammie lag ligweg en se: ‘Dit sal nie help nie’. ‘Ja dit sal’ antwoord ek. “Dis die enigste manier hoe ek die syfertjies kan sien”
Ons gunsteling aanneemhond by Daai Kookwater Winkel, Gert, is ons fynproewer vir ons Hondekos produkte. Gert is baie maer en baie vriendelik. Hy, en vele ander honde in dieselfde kondisie as hy, kom besoek gereeld die hondekosbak en waterbak wat ons by die blomtuin op die sypaadjie aangebring het. Ons mikpunt is om Gert se ribbes toe te maak. Hy is uitsoekering en vreet nie sommer enige pille nie. Die 15kg vir R285 gemengde hondepille wat ons in die winkel het, dra sy goedkeuring weg. (Ek het gister nogal ‘n R200 se pille by Shoprite gaan koop vir hom, wat hy sy neus voor opgetrek het). Vandag begin proses ‘koebaai ribbes’. Ek gaan daai pille opdollie met die Pedigree sous wat ons het. Hou duim vas.
Saterdagaand was weer onnodig stresvol. Selfs tot 5 minute voor die einde – terwyl ons 9 punte voor was – was ek nog bekommerd dat die Rooinekke die Bokke gaan klop. Ek en Buurman (ok, meestal ek) het oom Freddie se melktert ‘gepolish’, daai Dip en Top *R9.90″ goedgekeur en vele ander dinge deur die nek geruk. Dit was ‘n lekker wedstryd om te wen. Dankie Kookwater vir die opsies en kalmte tydens die wedstryd – ‘n mens mag mos nie met ‘n mond vol kos skree nie.
Mag jou sonneblomme lekker groei, (stop asb en jaag daai *&#!!@ bokke by Newton as jy hulle daar sien), Mag jy lekker geld spaar op ons kwaliteit produkte en mag die Bokke ver wen Saterdag.
Kookwater groete
Dun Gert se Dik pel
