Dis LENTE by Kookwater. Ons (en Jimmy’s) BLOM met positiewe idees

Posted on

So moet die Lente mos lyk:  Ek het vanoggend my weeklikse sielsverrykende rit geniet – die weeklise orgidiee uitstappie.  Met 160 stringe blomme met die lekkerste soet reuk in die motor en plate en plate van varkblomme, gousblomme en Canolalande rondom my is daar nie ‘n mooier werk in die wereld nie.  Ek voel geseend.

Dis met die mooi om my dat ek sommer besluit om verlede week se partytjie te verleng.  Al die pryse van verlede week hou vir nog ‘n week.  Reg is darem reg – party ouens en vrouens kry nou eers hulle salaris.  Kom blaas jou salaris by Kookwater – jy sal verbaas wees hoe lank dit hou. Ons sit sommer ‘n paar lekker Jimmy’s souse en soute en Walker Bay speserye by om die prentjie weer op te helder.  Kyk gerus op die pryslys.  Die pryse is omtrent een derde van ander winkels s’n.

Dis lekkerder om te skryf oor iets wat my na aan die hart le – die eerste is die verhaal van Dale Collett.  (dis aangeheg).

Dit sit my weer aan die dink oor myself.  Soos Andrew Carnegie gese het: “AS I GROW OLDER, I PAY LESS ATTENTION TO WHAT PEOPLE SAY.  I JUST WATCH WHAT THEY DO”.  Sal dit nie wonderlik wees as ons ophou kla oor wat ander mense, die munisipaliteit, die regering, en almal behalwe jyself nie doen nie, en liewer self dit regmaak waaroor jy kla.  Ek sal my deel doen met wat my pla.  Help asb deur jou deel te doen.  Kry ander om jou standpunt te deel (nie jou kermpunt nie) en dinge te laat gebeur.  Havey S Firestone het gese: YOU GET THE BEST OUT OF OTHERS WHEN YOU GIVE THE BEST OF YOURSELF.  

Die 2de ding wat ek dink ons almal mee moet help is die straatkinders en bedelaars in Wellington (en jou dorp).  Moenie net vies wees en verby loop nie.  Moet BESLIS NIE VIR HULLE KOS OF GELD gee nie.  Vat die kinders aan en VRA HULLE HOEKOM HULLE NIE IN DIE SKOOL IS NIE.  Almal wat vir hulle geld en kos gee sterk hulle in hulle kwaad, want hulle wil nie meer skool toe gaan nie.  Hulle kan gratis kos kry by die skool, maar dis lekkerder om geld te bedel. IS JY DIE REDE HOEKOM HULLE NIE MEER SKOOL TOE GAAN NIE?   Die straatslapers kry gratis verblyf en kos by die Munisipaliteit, maar hulle wil dit nie he nie, wat daar is nie geld en drank nie.  IS DIT JY WAT VEROORSAAK DAT ONS ‘N STRAATSLAPER PROBLEEM IN DIE DORP HET?  Elke keer dat jy geld en kos gee om jou gewete te sus, vererger jy die probleem.  

Dis lekker as my dorp mooi is.  Ek wil trots wees op my dorp (en ek is). Ek weet dis nie die paradys nie, maar ek sal my deel doen.  Help op jou terrein, in jou buurt, met jou kennis en hulpbronne (tyd is ook ‘n hulpbron).  

Baie dankie vir almal wat ons ondersteun en almal wat help om die besighede wat toe was weer aan die gang te kry deur hulle te ondersteun.   Ek is partykeer nogal ongeduldig en wil nie wag vir eendag om dinge weer reg te kry nie.  Vir die besighede wat seergekry het, laat ek Elon Musk se interessante raad:  STOP BEING PATIENT and start asking yourself ‘How do I accomplish my 10 year plan in 6 months?’.  You will probably fail, but you will be a lot further ahead of the person who simply accepted it was going to take 10 years.
Genoeg van ander ouens se wyshede.  Kom ons gee nie moed op nie en maak ‘n verskil daar buite.

Mooi positiewe groete

Ongeduldige Frans