Dikbekpille en ietsie om ‘DIE OOM’ te bederf

Posted on

Vir Vadersdag vertel ‘n mens ‘Army’-grappies: Amerika, Brittanje en Rusland wil kyk wie se spesiale magte die beste is en vergader in die Sahara woestyn vir ‘n toets.  Die Navy Seals van Amerika word eerste uitgestuur met die opdrag om ‘n kameel te vang.  Na 3 ure is hulle terug met ‘n kameel.  Die SAS-magte van Brittanje kry dieselfde opdrag en na 12 ure daag hulle ook toe op met ‘n kameel.  Rusland se Spesmacht-manne moet ook ‘n kameel gaan soek.  Na 18 ure kom hulle daar aan met ‘n olifant wat vol bloukolle en bloed is.

Spesmacht manne: Jammer ons is laat, Kamele nou skaars.Beoordelaars:  Ons verstaan, maar hierdie is nie ‘n kameel nie.Olifant:  EK IS ‘N KAMEEL, EK IS ‘N KAMEEL. …… Moenie sukkel met die Russe nie, boeta.
Ons moet darem die OOMS bietjie bederf hierdie naweek.  Kookwater help soos altyd met die planne:

  • Hou die ou gesond: Avo’s – ‘ripe and ready’ R10 vir 3.  Al die Avo’s is sag – moenie drukkerig raak nie, hulle is nie daai soort goedkoop avo’s nie.
  • Ongelooflike LEKKER KOEKIES R22.50.  Gemaak van Stoneground Meel.  Vrek lekker.
  • DIKBEKPILLE R22.50.  Vir daai dae wat die ou bietjie af is. Neem 2 elke halfuur om die swelling te laat sak!  
  • Vir die doen-dit-self-pa wat mal is oor sy dogter: By Daai Kookwater Winkel in Newton het ons ‘n 3 verdieping pophuis wat Pa in sy dogter se gunsteling kleure kan verf – slegs R120.  Woelig, die winkelkat is bereid om sy gunsteling leplek af te staan vir ‘n goeie doel.
  • Glutenvrye Spaghetti (R16.50) en Glutenvrye Lasagna (R14.50), Suikervrye Koekies (R9.50), Suikervrye Koeldrank R5 vir 2 liter.  Alles vir die Spesiale-behoeftes-Pa.
  • Ocean Harvest VISVINGERS R36 vir 12.  Hiermee sal jy ‘n Pa soos ek maklik in ‘n wip kan vang.
  • Vir die Pa’s wat in voeling is met hul vroulike kant – Venus PROTEAS vir slegs R10 per blom.  Man, koop sommer vir jouself ‘n groot bos vir jou huis as Mammie dalk dink jy hou nie van mooi blomme nie..

Die manne verdien ‘n bietjie bederf.  
Pa-van-die-Jaar-GroeteVisvingerFrans

Gee my asb van daai DIKBEKPILLE!!!