Die lug was gevul met geesdrif vir die stemmery. By sekere van die Wellington stemlokale was die stem persentasie naby 80%. Die rye was lank. Die son was rof. Die manne by die vleisbraai by die NG Kerkbasaar het keppies gedra met #STEM WORSROL, #STEM AFVAL EN #STEM SKAAPCHOP op. Hulle het mooi by die dag se tema ingepas. Die uwe het darem self die stemrye aangedurf, maar met ‘inside info’. Mammie was daar by ‘n stalletjie en het laat weet hoe lank die rye is. Hier by 1 uur se kant het die boodskap deurgekom dat die OUTOPPIE RY nou lekker kort is. En daar beleef ek toe hoe lekker dit is om soos ‘n outoppie behandel te word. Kookwater het ‘n wenresep op Maandae met die outoppieding. Die een vrou het laat hoor dat meneer Kookwater nie oud genoeg is vir die ry nie. Ek het maar sterk gestaan en gese my vrou het gese ek moet in die ry staan. Almal was daarmee tevrede.
Sjoe, maar die koeke LOOP. Ek verstom my as ek sien hoe mense 2 en 3 koeke opmekaar balanseer en trots by Kookwater uitstap. Oom Freddie se melkterte (R112) is uiters gewild, om nie eers te praat van sy sout en soethappies nie. Mariette se koekkerasies is meesterstukke – in voorkoms en beslis in smaak. Ek het laasweek die voorreg gehad om daai wortelkoek te proe. ONGELOOFLIK.
Die lekkerpryse en -produkte raak nou bietjie baie, maar ek kan nie iets uitlos nie. Die te goed:
- AVO’S 3 vir R10 of ‘n boksie met mooi grotes vir R49 – natuurlik ‘Ripe and Ready’. Heerlike Patats R12 per kg, GRATIS LEMMETJIES – vat soveel jy wil.`
- SPORTDAE WENNERS as jy meer as 24 koop: Bashew 300ml blikkies R7, Twizza blikkies R6, Twizza 330ml Botteltjies R5. Hier is baie wins te maak. Pakkies chips 3 vir R10, of 25 pakkies vir R30, 24 PS sjokolades vir R55 en vele meer.
- BEVRORE KOSSE: Chilli Con Carni – 2 vir R30, Kids Pasta Bolognese R35, NU VEG ASIAN RANGE: Chop Suey en Thai Panang Curry – 2 vir R65.
- KAAS: Lancewood gerasperde Cheddar – 2kg vir R199, Gerasperde Cheddar R95 per kg, KIRI DIP & CRUNCH 2 vir R30, 300g GALBANI Mozzarella balletjies R49, 2,5 kg Roomkaas R170 of R150 as jy 5 of meer houertjies koop. 1kg kaas skyfies (slices) vir R95 – meer as 60 skyfies.
- Nutriday 900g Yoghurt R16.50, 450g R9.90. Parmalat 6pak yoghurt R9.90, Lancewood 6 pak R14,50 – daai een met die dubbelroom ‘Lemon Cheesecake’ en ‘Turkish Delight’ geure, 4 x 100g Nutriday Junior vir R20.
- KWARTELEIERS (eintlik eiertjies) R39 vir 30. Dis uiters laag. Google bietjie Quail eggs en sien wat jy alles daarmee kan doen. Teen daai prys moet jy iets probeer.
- Na ‘n paar laatnag kuiers van Adam, raak Eva agterdogtig. “Jy loop rond met ander vroue – erken dit” konfronteer sy hom. ‘Watter ander vroue?’ antwoord Adam. ‘Jy’s die enigste een hier’. Daai nag terwyl Adam lekker slaap, word hy wakker terwyl Eva hom in die borskas pomp. ‘Wat maak jy Eva?’. EVA: “Ek tel jou ribbes”
- Wat noem jy ‘n seuntjie wat op stemdag gebore word? Wouter.
- ‘n Paar groot persoonlikhede word gevra wat is die beste raad wat hulle al ooit ontvang het. Hul antwoorde het my laat dink: “GLO IN JOUSELF’, “EENDAG…. OF DAG EEN”.
- TODAY IS A GOOD DAY FOR A GOOD DAY’, ‘Daar is ‘n oomblik wanneer elke seun besef niemand gaan hom kom red nie. Dis wanneer hy ‘n man word. Party seuns kom nooit by daai punt nie en bly seuns vir altyd.’, ” Hou op om te kla oor die uitslae wat jy nie gekry het van die werk wat jy nie gedoen het nie. Die enigste manier om meer suksesvol te wees as die meeste mense is om bereid te wees om meer te doen as wat die meeste mense bereid is om te doen.”
Jy het mos laaank in die ry gestaan. Bederf jouself vandag: Koop ‘n melktert, Piekel ‘n klompie kwarteleiers of tel jou man se ribbes. Geniet die reen. Dankie dat jy gestem het.
Sopnat Groete
Frans Outop