Die IERE, die Koeke en die Terte

Posted on
Kookwater Rugby

Ek is reg vir hierdie naweek.  Die Iere kan maar kom.  Ek, Oom Freddie se melktert, ‘n kilo Biltong en een van Mariette se nuwe Terte is reg vir hulle.  Dit gaan ‘n lekker wedstryd wees – op en voor die TV.  Om die verversings af te sluk – ‘n sakkie organiese kitstee (daar is nie tyd om te wag vir die sakkie om te trek nie.).  3 bakkies Dip&Top vir R30,  3 Alibi Max stafies vir R15 (vars voorraad kom vandag in).

 

Dis heerlik om sulke puik pryse in ons winkels te he op die tyd wat jou beursie ook vol is.  Dis lekker om spens (en yskas) vol te maak en nie terselfdertyd jou beursie leeg te maak nie:

  • 6 x 1liter volroom LANGLEWE MELK vir R59.  Alle goeie goed kom tot ‘n einde.  Ons het al 8 pallette van hierdie melk verkoop.  Die laaste 2 pallette is nou in die winkels.
  • 6 x 1KG DOUBLE CREAM PLAIN YOGHURT vir R30.  Heerlik in kos – veral Kerriekos.  KOM ONS MAAK KAAPSTAD DIE KERRIEKOSHOOFSTAD VAN SA.  Ons het 3 ton gekoop, Daar is minder as 1 ton oor.  Geniet dit.
  • 700g Griekse Dubbelroom  ‘Plain’ Yoghurt R9.90,  850g Parmalat Yoghurt R13.50,  900g Nutriday Yoghurt R16.50, 
  • Mariette se nuwe tert skeppings (almal net R80 elk):  Marmite Tee Koek met Biltong,   Klam gebakte Sjokolade Karamel Room tert,   Klam gebakte Sjokolade neut tert.  Elke keer as ek hierdie terte se foto’s sien, begin ek spontaan kwyl. JOH, dit lyk lekker.
  • 250g B-Well Sandwich Spread R18.50.  Ek het hierdie lekkerny laas op skool gesien en geniet.  Ek eet hom vanoggend weer op my roosterbrood.
  • 5 liter Water R19.50, 250g Farmstyle Butter R45,  500g NESQUIK pap R28.50, 500g Vanilla VLA + 410g Perskes R19.90,  500g Vanilla Vla + 820g Perskes R19.90. 
  • Moenie sukkel met daai steggies in die kaggel wat hulself blus nie.  Ons BEGINSELS (fire starters) is KURKDROOG en heerlik om die nat hout lewe te gee.

I was mugged by a thief last night on my way home.  Pointing a knife at me, he asked me “Your money or your life?”.  I told him that I am Married… so I have no money and no life…   We hugged and cried together.  It was a beautiful moment…

 

Om jou eie tamaties te kweek, is die sekerste manier om 3 maande van jou lewe af te staan om R12.50 te spaar.

 

Man en vrou gaan om te skei in die hof.  Landros:  Julle het 3 kinders. Hoe gaan julle hulle verdeel?  Na ‘n lang bespreking kom hulle met hul oplossing:  OK djou Honor ons sien jou volgende jaar met nog een.  9 maande later …. het hulle ‘n tweeling.

 

Vir die Chemici onder ons:   Hy: Sal jy my meisie wees?    Sy:  Natrium Hidriet HipoBromiet.   Hy:  WAT?    Sy:  NaH BrO.     (Hoop dis reg, Chemie is nie my sterk punt nie)

 

DOM MENSE se altyd NEE.    Is jy DOM?

 

Geniet die REEN, die RUGBY en die nuwe REGERING (hou duim vas vir die laaste een – daar is ten minste lekker grappies)

 

Melktert Groete

Springbok Rossouw