Die Gesonde Kwarantyn Konyn

Posted on

So, wat noem ons die Paashaas vanjaar?  Die Kwarantyn Konyn.  Ek glo dat daar 3 dinge is wat ons land gaan help om hier deur te kom: Ons sin vir Humor is hoog op die lys.  Ek glo ook dat ‘n gesonde leefstyl dalk kan help om die land te red.  Ek gaan nie ‘n marathon op my balkon hardloop nie.  Ook nie ‘n ystermankompetisie in die tuin nie.  Gesond EET en DRINK is die deel wat Kookwater graag mee help:

SAPPE en DRINKGOED

  • 2 Liter Rhodes SAP: R15.  Appel, Lemoen, Cranberry, Tropical.  HEERLIK
  • 1 Liter SAP: R7.80  Lemoen, Appel, AARBEI, Koejawel, Tropical, Bessie.
  • PURITY sap R21 per sespak.  4 geure
  • Fruitree Sap R36 vir 6 glasbottels – Lemoen en Rooi Druiwe
  • Groentesap (Veggie Plus)  R19.50 per sespak
  • PEPSI en PEPSI MAX   R20 per sespak.
  • PIENK TONIC WATER R6.50 per liter
  • SODA WATER R4.50 per liter
  • DRY LEMON R6.50 per liter –  Uitendelik weer – ons het dit laanklaas gehad.

KAAS 

  • Mild Matured Cheddar R85 per kg
  • Gerasperde Mozzarella kaas R69 per kg.  Dit raak goedkoper as jy 2kg vat – R130.  (Dis tyd vir ‘n Pizza aand tuis)
  • FETA Kaas R29.50 vir 400gr

VARS GROENTES

  • Groen, Rooi en Geel Soetrissies (Peppers) R25 per kg
  • Jalapenos, Murgpampoentjies  R11 per kg
  • Eiervrug  3 vir R11
  • Vars Groenboontjies R30 per kg (vandag ingekry)

Kyk gerus op die pryslys vir die ander ongelooflike lae pryse op dinge soos Wraps (10 vir R18.50)  en Hand Sanitizer R22.50 vir 100gr (70% alkohol)  Dit bly nog steeds die goedkoopste Hand Sanitizer wat ek van weet.
Ons kry more weer nuwe blomplantjies en proteas in. Niks is beter vir die gesondheid as om jou te omring met mooi dinge.  A Nee A – hou op om heeldag in die huis te sit en kaste regpak.  Maak jou tuin mooi.  Dit het heerlik gereen,  Dis heerlik koel buite.  Sny ‘n slag die gras op jou sypaadjie en plant blomme.  Hou op om jouself jammer te kry en beteken iets vir die buurt.  MOENIE DAT EK MY STEM DIK MAAK NIE!!!

Maak ‘n nota dat albei Kookwater winkels VRYDAG toe sal wees.  Ons werkers verdien ‘n afdag.  Ons is wel SATERDAG en MAANDAG OOP.   
Mag jy en jou huis veilig wees.  Mag julle die mooi dinge rondom jou raaksien.  Mag iemand die mooi dinge in jou ook raaksien.  

Om af te sluit, wil ek weer terug na paragraaf 1.  Die grootste rede hoekom ons hierdeur gaan kom is omdat  God oor ons waak.  Mag jy en jou familie hierdie paasfees vier met God in gedagte.

Paasgroete

Kwarantyn Konyn Rossouw