Die ekonomie is weer Kookwater

Posted on

Dit was heerlik om verlede week te sien hoe die ekonomie van ons land weer terugkeer na normaal – sonder vrees.  Ek het dit gesien aan die groot hoeveelheid mense op ons paaie met die langnaweek. My vroutjie het dit gesien toe sy  4km buite Wellington die winkel se bloubessies moes gaan haal.  Die 8km het 2 en ‘n half uur gevat om af te le.  Die Karavane, 4×4’s en naweekgangers het die pad omtrent op horings gehad.  Dit het letterlik 2 jaar laas gebeur.  BAIE BAIE Dankie.

Die Lente en sommer ‘n paar Somerlusmakerdae was heerlik verlede week.  Kookwater voel ‘n mens moet voorbereid wees vir die warmer weer.  Ons ‘n hele paar koelgoed, hulpmiddels vir mengeldrankies, Sappies, Energiedrankies en koeldranke:

  • 2 liter Kinsley Lemonade, Dry Lemon, Tonic Water en Soda Water R6 elk of 2 bottels vir R10
  • 1 liter Pienk Tonic Water, Fitch&Leeders Dry Lemon, Fitch&Leeders Ginger Ale – R7.50 of 3 BOTTELS VIR R20.
  • 500ml ISORADE Energiedrankies – 3 bottels vir R10
  • 1,5 liter HENTIES KOELDRANKE R9.90
  • 250ml HENTIES KOELDRANKIES R3.50
  • 200ml CERES en vele ander soorte sappies R23.40 per sespak.
  • 200ml Koejawel sappies R15 per sespak of R48 vir 24 (dis R2 per sappie)
  • 4 x 5liter waters vir R19, Beginsels (fire starter houtjies) R12,50. Belangrik vir jou volgende naweekwegbreek.
  • HOUTGOED:  Ons het weer mooi ronde kaasborde ingekry (R120), asook houtkissies (R55 en R30) en planke.  Ideaal vir die versnaperinge soos die Amandels (R135/kg)
  • Rice Crispies en Corn Flakes is nog steeds net R25 en WRAPS BLY ‘N WINSKOPIE TEEN R15 vir 6 grotes of 8 medium wraps.
  • Ons het die mooiste proteas (Koningsproteas en Madibas) vir 3 vir R55, Speldekussings 10 vir R55 en pragtige fynbosruikers vir R35 en R45.
  • Hierdie is tuinmaaktyd en ons pragtige kleurvolle Gesiggies (R9.50 per sespak) en groenteplantjies (ook R9.50) sal jou tuin ophelder.

Tydens Erfenisdag, hoor ek op RSG ‘n program oor boererate.  Dana Snyman se sy pa het geglo in Rooi peper (Cayene peper).  Volgens sy pa help dit vir enigiets van Sooibrand tot seer voete tot Diabetes.  Hy se as jy lank genoeg tyd in sy pa se geselskap deurbring, sal hy jou oortuig dat dit help vir Wereldvrede ook.  

Mag jou Lente kleurvol en vol nuwe hoop wees.  Mag jou idees so borrelend soos ‘n langnaweekekonomie wees.  Mag jou kaasbord, biltong en drinkgoed so lekker wees dat die Bokkie nie anders kan as om Saterdag te wen nie.

Grasgroen Groete

Bok Rossouw