Die after party is hier!

Posted on

Verlede week se partytjie met lae pryse het so lekker gegaan dat ons besluit het om nog ‘n week aan te gaan met die lae pryse – sommer ‘n ‘after party’.  Natuurlik bly die vorige lae pryse en ons sit nog ‘n paar nuwes by en party (soos die orgidiee en KIRI roomkaasblokkies) se pryse daal selfs nog verder. Kyk bietjie hier:

  • AVO’S 3 vir R10.  Uiteindelik weer.  Nog steeds Ripe and Ready.  Ek was so opgewonde gister dat ek skoon vergeet het om vir myself ‘n paar huistoe te bring.
  • Handreiniger nou R19.50 vir 100ml (70% alk).  Ons laat sak hierdie reeds lae prys om te help met die voorbereiding vir die werk en skool.  Bly maar veilig.
  • ORGIDIEE. Ons het vars stringe blomme ingekry.  Met verlede week se prys van R69 per string van 7 blomme het alles uitverkoop.  Die prys sak nou na R55 per string of 2 stringe vir R100. Dit hou net so lank soos proteas en is beslis iets besonders. Kyk gerus op ons facebookblad Daai Kookwater Winkel vir foto’s
  • TIM TAM sjokolade beskuitjies. R15  (R27 elders).  Eenvoudig heerlik.  My kinders het verduidelik hoe jy dit eet;  Byt ‘n hoekie links bo af en die hoekig regs onder.  Suig dan jou koffie of tee daardeur en eet dit vinnig sodra dit pap raak.  Hemels.
  • Jacobs 3in1 koffiesakkies R37.50.  Hierdie is net die koffie vir die Tim Tam eksperiment.  Geniet dit.
  • KIRI Roomkaasblokkies – nou net R25 (R69 elders). 
  • Fruitree aanmaaksappe R18.50 vir 1 of 1,25 liter.
  • JUMP energiedrankie R6.50 of 2 blikkies vir R10.
  • Ons het heerlike vars rissies, eiervrug en murgpampoentjies ingekry – almal R11 per kg.
  • Die Matured Cheddar, Matured Gouda en Matured wit Cheddar kos nog steeds net R65 per kg.  Geniet dit.

Vir die ouers wat wonder of hulle die kinders moet skool toe stuur, hierdie lewensles: Ek lees gister ‘n plakkaat voor ‘n winkel in Paarl:  “ONS IS OOP VIR BESTELINGS.”  Spelling is belangrik.  Dis nie nodig om die skelms so uit te nooi nie.  As dit dan moet, leer die kinders self spel.  Dit kan hulle duur lesse spaar.
Van Maandag af mag jou huishulp en tuinwerker weer aanmeld vir werk, maar jou vriende mag nie oorkom om te kom kuier nie.  Ek benodig 3 huiswerkers en 2 tuinwerkers Vrydagaand.  Bring jou eie drank.

Die petrolprys styg mos weer vandag, maar ek is nie bang nie.  Ek het my motortjie lekker geleer om lig op brandstof te wees.  Ek kry nou omtrent 15 dae op ‘n liter petrol.
Mag jy ‘n heerlike dag he.  Geniet die klein dingetjies in die lewe – begin by die avo’s, die orgidiee, die Tim Tam en die proteas.

After Party groete

Avo Rossouw

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *