Dankie, Dankie, BAIE Dankie. Julle is Kookwater Kastemers

Posted on

Dis nodig om gereeld Dankie te se.  Van Kookwater se kant af wil ons baie dankie se vir die ondersteuning dwarsdeur 2020 en deur al die jare.  Dis heerlik om vriendelike mense in die winkel te ontmoet wat altyd groet en glimlag (al is dit met die oe) agter die maskers.  Om die dankiese nie net lippetaal te maak nie, het ons besluit om die Swart Vrydag ding sommer vir twee weke te laat aanhou. Die eerste week het sekere produkte teen uiters lae pryse.  As dit nog hou die volgende week, sal die prys ook laag bly.  Volgende Maandag sit ons nog ‘n klomp lae pryse by.  Hierdie week het 3 groepe lae pryse:


       

1.   VIR DIE OUENS MET GROEN VINGERS

  • Soetrissieplante (green Peppers) – 2 of 3 lekker sterk plantjies vir R9.50.
  • Pietersielie (Parsley), Basiliekruid(Basil) R8.50 per potjie.
  • 6 pakke eiervrugplantjies, vygies en grasangeliere R8.50
  • Pragtige Madeliefiebosse (Daisies) – geel en pienk. Slegs R19.50

2.    VIR DIE GESONDES: GROENTE, SAPPE EN KOEL DRINKGOED

  • 4 Meditereense KOMKOMMERS vir slegs R10
  • Jalepeno rissies R14 per kg. (Moenie elders R60 en meer betaal nie)
  • Eiervrug (swart en Exotic) en Murgpampoentjies (Baby Marrows) R10/kg
  • Ceres sap (Fruit Punch) 6 x 200ml vir slegs R15 (ander geure R21)
  • Bashews blikkies: Cola en Iron Brew R21 per sespak. 
  • LIPTON Perske geur YSTEE 6x330ml blikkies vir R21
  • Pienk Tonic Water, Ginger Ale en Rock Shandy R6.50 per LITER of enige 4 liter bottels vir slegs R20.
  • TWEE LITER KOELDRANK vir R5.  Ek het laas hierdie prys gesien toe ek so ‘n meter korter was. Coco Pine, Litchi, Passionade(suikervry) en Gemmerbier(suikervry).  Die somer le voor – koop baie.
  • BOS YSTEE 6 x 200ml R21
  • 500ml SOJA Energiedrankies R36 vir 6

 3.  ALLERLEI BEDERFIES

  • CAMEMBERT: 3 vir R45.  My dogter het nou net ‘n bord vol soutbeskuitjies met Camembert en suikervrye groenvye (wat mammie gekook het) hier aangebring.  Heerlik.  Dis ‘n groot bederf.
  • Pringles 42gr  R9.90
  • Nespresso Compatible KOFFIEKAPSULES:  L’OR en STARBUCKS – 10 KAPSULES vir slegs R33.
  • Nibbly Bits se BESKUIT R17.50.  Verskeie soorte.  Maak reg vir die Desember vakansie – bou groot voorraad op.
  • GRAANVLOKKIES (Corn Flakes): 1kg vir R29.  Dis ‘n groot klomp teen ‘n baie klein prys.

Namens Mooi Wellington (die besighede en individue wat ons dorp se ingange rommelvry probeer hou) wil ek graag BAIE DANKIE se aan almal wat saam met ons trots is op ons omgewing en dorp.  Dankie aan die boere wat die gras rondom hul ingange sny, die besighede wat help om ons sypaadjies en riviere skoon te hou en elkeen wat sy buurt skoon hou – jou sypaadjie en sommer jou buurman s’n ook.  Baie dankie ook aan Drakenstein Munisipaliteit wat uit hul pad gaan om ons by te staan met die verwydering van die rommel.  Baie, Baie Dankie aan almal.
Ry veilig, Bly veilig en onthou altyd hierdie wyse woorde:  Hulle wat gister dood is, het planne vir vandag gehad…  en hulle wat vanoggend dood is, planne vir vanaand…   Moenie die lewe as vanselfsprekend aanvaar nie, alles kan in ‘n oogwink verander.  Vergewe hulle wat jou seergemaak het en koester hulle wie jy liefhet.  More breek dalk nooit aan nie….

Dit idee was nie om op ‘n swartgallige noot af te sluit nie.  Inteendeel.  Ek wil eintlik net se: GRYP DIE DAG.  Beplan lekker dinge. Doen lekker dinge.  Bederf jouself en almal rondom jou.  

Positiewe groete aan al ons Kookwater Kastemers

Swart Frans met die groen vingers