Daai Kookwater Winkel Verjaar

Posted on

2 Jaartjies oud.  Geen Terrible Twos.  Wel heerlike verjaarsdagpryse.  Daai Kookwater Winkel in Newton het 2 jaar gelede sy deure oopgemaak. Ons is trots daarop en om dankie te se vir jou ondersteuning (van albei ons winkels) het ons hierdie week weer ongelooflike lae pryse op heerlike produkte.  Ek lees gereeld in die koerante hoe mense se geld nie uitkom nie en hoe die pryse van kosprodukte styg in ander winkels. Nie by Kookwater nie.  HIER DAAL DIE PRYSE PAPPIE:

  • 2 blikkies FRUIT COCKTAIL (almal se gunsteling ingelegde vrugte) VIR SLEGS R10
  • 2 LITER RHODES SAP vir slegs R15.  Solank voorraad hou.  Gouspring – hierdie outjies is baie gewild.
  • 4 pakkies La Valle (groenen piemento)  OLYWE vir R20. (R16 per pakkie elders) Hierdie weggeeprys is beslis net vir hierdie week.
  • Kaas R65 per kg: Matured Cheddar, Matured Gouda, Matured Edam.  
  • BESKUIT R18 – verskeie soorte en R14 (plain sliced).  Beslis die ding om te geniet saam met ‘n heerlike koppie koffie terwyl die sneeu op die berg le.
  • WRAPS R18 vir 10.  Grotes of kleintjies.
  • ORGIDIEE R69 PER STRING. (Proteas 3 vir R20)

Dis darem nie al vir die week nie.  Woensdag volg daar nog ‘n klompie verrassings.  Net ‘n vriendelike woord van waarskuwing – moenie wag tot Woensdag nie.  Party van hierdie produkte soos die Orgidiee, die Sap en andere sal nie Woensdag haal nie.  Die prys is te laag.  
Wat die grendeltyd betref – een manier om daaraan te dink, kry ek van ‘n vriendin:  Wil my ma vra of haar aanbod nog staan van “EK KLAP JOU TOT IN VOLGENDE JAAR”. Ek sal daai aanbod nou aanvaar. 

Daar is ander maniere ook om aan hierdie grendeltyd te dink.  Dis tyd om positief te dink in hierdie tye waarin vrees hoogty vier.  In die woorde van die bekende Winston Churchill: ‘NEVER LET A GOOD CRISIS GO TO WASTE’.  Daar is geleenthede daar buite. Soek dit en gebruik dit.  

Daar is een statistiek wat ek al lankal geweet het, maar nou weer bevestig het.  Dit ontstel my dat ons nie die ware feite gebruik in krisistye nie.  Volgens statiestiek SA (gepubliseer op 26 Maart) het die volgende mense in 2017 IN SUID AFRIKA gesterf: 

  • 20 000 aan Griep en longontsteking.
  • 34 000 aan TB (Tuberkulose)
  • 25 000 aan Diabetes
  • 24 500 aan hartkwale.

Suid Afrika is nie in 2017 gesluit omdat 20 000 mense aan Griep gesterf het nie.  Stop die aanhoudende vreesverspreiding.  Dra jou masker. Was jou hande. Leef veilig, bly by die huis, behou die respek vir die virus, maar los die verspreiding van vrees.  Franklin Rosevelt het gese: THE ONLY THING TO FEAR IS FEAR ITSELF.  Ek heg hierby ‘n artikel van Waldimer Pelser aan in Sondag se Rapport.  Hy se dit baie mooier as ek.

Lig jou gemoed. Sit daai glimlag op onder jou masker.  Geniet Kookwater se partytjiepryse.  Help asseblief jou plaaslike kroeg.  Hulle kan een van die dae oopmaak teen een derde van hul kapasiteit.  Die wat nie kan drink vir 3 nie, maak asseblief plek vir die professionele ouens….

Mag jou week vol vreugde en glimlagte en sonder vrees wees.  

Partytjie groete (CHEERS)

Vreeslose Frans