Waterblomme, Dry Lemon, Ginger Ale en ander Braaidag lekkernye

Die lewe is goed. Die Lente is mooi. Die jare was goed vir my – dis die naweke wat my verniel het. ‘n Mens moet jou naweke mooi beplan. Veral die langnaweke met ‘n tema soos Braaidag en Erfenisdag. Kookwater sal natuurlik van 8 tot 5 oop wees om jou by te staan. Ons voorstel vir Vrydag is ‘n Waterblommetjiepot. Waar kry jy meer erfenis as dit. … Lees gerus verderWaterblomme, Dry Lemon, Ginger Ale en ander Braaidag lekkernye

Posted on

KAAS, Positiewe mense en Kookwater planne

If you hang around 5 confident people, you will be the 6th.
If you hang around 5 intelligent people, you will be the 6th.
If you hang around 5 millionaires, you will be the 6th.
If you hang around 5 idiots, you will be the 6th.
Wakker wees – aan jou vriende sal jy geken word. Ek is ‘n groot voorstander van die idee dat jy jou moet omring met positiewe mense. Ek glo ook as jy die slimste ou in die vergadering is, jy nie so slim is as wat jy dink nie. Reel die vergadering met slimmer mense.
Lees gerus verderKAAS, Positiewe mense en Kookwater planne

Posted on

DIE OU VERJAAR – KOOKWATER HOU PARTYTJIE

Hoe oud is oud? Die Wereld Gesondheid Organisasie (WGO) het verklaar dat 65 jaar oud deesdae as jonk beskou word. Voorheen, gebaseer op die ‘Friendly Society Act” van 1875 in Brittanje, was oud gereken as 50 jaar oud. Die VN het 60 beskou as die grens na oud. Die WGO het egter nuwe navorsing gedoen oor die gemiddelde gesondheidskwaliteit en lewensverwagting en die mens se ouderdom as volg ingedeel: … Lees gerus verderDIE OU VERJAAR – KOOKWATER HOU PARTYTJIE

Posted on

OORLEWING, GESONDHEID EN LEKKER GOED

Frank Buckles, ‘n korporaal van die Amerikaanse weermag en die laaste oorlewende veteraan van die Eerste Wereldoorlog het 110 jaar oud geword. Toe hulle hom vra wat die geheim van sy lang lewe is, het Buckles gese dat om HOOPVOL (positief) te wees, ‘n groot deel van die geheim is en natuurlik – “WHEN YOU START TO DIE…… DON’T”. Frank is ‘n voorbeeld vir vele. Moenie net gaan le nie, sit jou tee. Oorlewing kom nie van self nie. Hulle noem evolusie nie verniet “Survival of the fittest” nie. … Lees gerus verderOORLEWING, GESONDHEID EN LEKKER GOED

Posted on