Dankie, Dankie, BAIE Dankie. Julle is Kookwater Kastemers

Dis nodig om gereeld Dankie te se. Van Kookwater se kant af wil ons baie dankie se vir die ondersteuning dwarsdeur 2020 en deur al die jare. Dis heerlik om vriendelike mense in die winkel te ontmoet wat altyd groet en glimlag (al is dit met die oe) agter die maskers. Om die dankiese nie net lippetaal te maak nie, het ons besluit om die Swart Vrydag ding sommer vir twee weke te laat aanhou. Die eerste week het sekere produkte teen uiters lae pryse. As dit nog hou die volgende week, sal die prys ook laag bly. Volgende Maandag sit ons nog ‘n klomp lae pryse by. Hierdie week het 3 groepe lae pryse: … Lees gerus verderDankie, Dankie, BAIE Dankie. Julle is Kookwater Kastemers

Posted on

gesondheid en Avoukarrepeure

Wanneer het jy laas Moerbeie ge-eet? Die gesondheid loop los rond by albei Kookwater winkels. Ons het heerlike gesonde vrugtes en bessies: Moerbeie R18, Aarbeie R30, Vars Bloubessies R15 en Gevriesde Bloubessies R45 per kg. Ons het ook die mooiste Avo’s ingekry teen 2 vir R10 (ripe & ready soos altyd) Onthou om dit in die yskas te sit, want hulle is mos reeds ryp. … Lees gerus verdergesondheid en Avoukarrepeure

Posted on

VLAK 1 en ons PLANNE RAAK AL HOE MEER

Daar is ‘n pragtige MTN advertensie wat male sonder tal op RSG gespeel word: ONS IS ONBREEKBAAR,  ONS IS ONVERNIETIGBAAR, ONS IS ONVERSLAANBAAR.  Dit steek in my kop vas en ek glo dit.  Is dit nie tyd dat ons uit ons huise kom en uit ons dop kruip nie?

Ek is borrelend opgewonde.  Dit kan die heerlike lenteweer wees of die vlak 1 aankondiging of die moontlikhede wat voorle.  Verskeie ekonome voorspel dat die ekonomie met ‘n V-kurwe herstel.  Dit sal. Soek die geleenthede.  Benut dit.  Richard Branson het gese as jy ‘n goeie geleentheid aangebied word, VAT DIT.  Jy kan later uitvind hoe jy dit gedoen gaan kry. 

Lees gerus verderVLAK 1 en ons PLANNE RAAK AL HOE MEER

Posted on

Haal die Ys uit jou lewe

My rit na Darling in die ysige koue en reen was eenvoudig hemels. Met die lae wolke, die plate varkblomme, grasgroen en goudgeel landerye en die reuk van 800 orgidiee blomme in die motor, was my dag gemaak. My tande was kurkdroog van glimlag oor die mooi in die lewe. … Lees gerus verderHaal die Ys uit jou lewe

Posted on

Kookwater se pryse bly laag

Dag 5 van Lockdown. Tyd kruip. Ek het 11 keer ge-eet en 5 uiltjies geknip en dis nog steeds vandag. Daar is baie goed wat by die huis gedoen moet word, waarvoor ek nooit tyd gehad het nie. Na 5 dae het ek agter gekom dat tyd nie eintlik die rede is waarom die goed nie gedoen is nie. ‘n Paar goed het wel gebeur. Die swembad is blou, daai boom wat 6 weke gelede omgewaai het kry nou aandag, Die tuinhekkie is ge-Q20 en die Vinca plantjies wat hulle elke jaar self saai, word nou uitgeplant. … Lees gerus verderKookwater se pryse bly laag