Kookwater RED ONS LAND (en swart vrydag)

Ons weet dis eers volgende week Swart Vrydag, maar g’n mens kan so lank wag nie. Ons gooi sommer solank ‘n paar lekker pryse in net sodat jy nou nie volgende week ‘n spier trek nie. Vir die ouens en vrouens wat nie weet nie – Ons het volgende week vanaf Maandag tot Saterdag elke dag uiters lae pryse op vele produkte. Maar vat maar solank hierdie week se laes vir ingeval die voorraad opraak. … Lees gerus verderKookwater RED ONS LAND (en swart vrydag)

Posted on

Ons Wereldbekerwenner lae pryse

DIT WAS LEKKER. Die wedstryd, die wen, Faf se landsvlag speedo saam met die prins, die hope pryse daarna, die whatsapp grappies, die goeie gees in ons land en Rassie se boodskap. Rassie se die span het geweet dat dit moeilik gaan in die land en dat die land se mense HOOP nodig het. Uit 1995 se wen het hulle geweet dat hulle, deur te wen, weer hoop vir ons mense kan gee. Hy se om HOOP te gee was nie hul verantwoordelikheid nie, dit was hul VOORREG. Ek het dadelik na myself gekyk en geweet dat ek ook graag hoop wil gee oral waar ek kom en waar ek kan. ONS LAND SAL WEER BO UITKOM.
Ons het hierdie week weer HOPE lae pryse (wereldklas): … Lees gerus verderOns Wereldbekerwenner lae pryse

Posted on

Lenteverrassings en ‘mild mature Cheddar’

Lente is net nie dieselfde met ‘n vaal tuin nie of ‘n groen woestyn soos vriend Basie daar van Garies af se nie. Ons gesiggies en grasangeliere (R9.50 per sespak) is meer as mans genoeg om uitbundige kleur in jou tuin te sit. (ek sien een van die groot kwekerye daar in die Kaap het hulle nou op ‘special’ teen R24.50). Bring sommer die kleur in jou huis in ook met ons pragtige oranje speldekussings teen slegs R4 elk of R15 vir 5. … Lees gerus verderLenteverrassings en ‘mild mature Cheddar’

Bierbrood, Mieliebrood, Botter, Uie – alles

Dis lekker om aangename verrassings te kry. Ek is mal daaroor. Dit het 2 keer in die laaste week met my gebeur. Laat ek bietjie uitbrei. Ons maak elke oggend die stuk sypaadjie tussen die Diemersfontein robot en die Shoprite robot aan ons kant van die pad skoon van papiere. Die stuk bos op die robot by Diemersfontein het ‘n ongelooflike klomp rommel wat my al baie lank al pla. Groot was my verbasing toe hierdie stuk bos verlede Do/Vrydag pragtig skoongemaak word – dit lyk of een of ander politieke party dit gereel het. Baie dankie. Dis die soort goed wat my aandag trek, nie lee beloftes nie. … Lees gerus verderBierbrood, Mieliebrood, Botter, Uie – alles

Posted on

Tamaties en Croissants

Dit pla my al heel somer – die helderskoon water wat die koelkamers maak, sonder dat ons dit kan gebruik om plantjies nat te maak. Nou het ons uiteindelik weer plantjies teen R8.50 per sespak : Afrikanertjies, Tamatieplantjies en Basiliekruid(min). Die koeler weer laat mens mos weer lus wees vir tuinmaak. (jy moet iets maak met jou gryswater.) … Lees gerus verderTamaties en Croissants