Lenteverrassings en ‘mild mature Cheddar’

Lente is net nie dieselfde met ‘n vaal tuin nie of ‘n groen woestyn soos vriend Basie daar van Garies af se nie. Ons gesiggies en grasangeliere (R9.50 per sespak) is meer as mans genoeg om uitbundige kleur in jou tuin te sit. (ek sien een van die groot kwekerye daar in die Kaap het hulle nou op ‘special’ teen R24.50). Bring sommer die kleur in jou huis in ook met ons pragtige oranje speldekussings teen slegs R4 elk of R15 vir 5. … Lees gerus verderLenteverrassings en ‘mild mature Cheddar’

Die Ou Verjaar – fase 2

Man, maar hierdie verjaarsdagpartytjie gaan lekker rof. Fase 1 van die lae pryse is UITERS gewild. Die lae pryse hou tot Saterdag (solank die voorraad hou). Daar is nog ‘n klompie Lindt sjokolades en jy het nog ‘n kans om die kinders te bederf met daardie 12 bakkie Yoghurt vir R13.50.
FASE 2 Nou raak die pryse laag. Van Woensdag, 21 Aug tot Saterdag 24 Aug geld hierdie: … Lees gerus verderDie Ou Verjaar – fase 2

Kookwater gaan groot op TV

Ek sukkel om daai trotse glimlag van my bakkies af te kry. Dis vandat ek verlede week daai advertensie van Kookwater Biltong en Kaas op die TV gesien het. Ja nee boeta, jy weet jy speel saam met die groot kinders as jou winkeltjie op TV begin adverteer. Miskien moet ek verduidelik… ‘n Nuwe TV reeks is verlede jaar by my skool – Hugenote HoĆ«rskool op Wellington geskiet: Alles Malan. Doen jouself ‘n guns en kyk hoe ‘n netjiese PUIK skool lyk. Ek loop oor van trots, maar ek dwaal bietjie van die punt af. Die advertensie… In verlede week se episode het hulle ‘n toneel op die pawiljoen geskiet en daar verskyn Kookwater Biltong en Kaas se Advertensiebord toe sowaar op TV. Hoe’s daai?
Ons het hierdie week ‘n paar heerlike nuwe produkte en soos altyd is die pryse uitsondelik laag. Ek moet se ek verstaan nie hoe ons dit regkry om elke liewe week nuwe produkte te kry, maar sowaar – kyk bietjie hier: … Lees gerus verderKookwater gaan groot op TV

Posted on

Woelige Woensdag dinge

Dis heerlik nat. Alles is groen. Dis tye soos die wat die boer in elkeen van ons na vore kom. Plant iets gesond vir die kombuis soos ons blomkool- en ertjie– plantjies teen R8.50 vir 6 – of iets moois soos ons Grasangeliere = ook R8.50 vir 6. Die plantjies sal eers groente dra oor 2 maande of so, so terwyl jy nog nie groente het nie, sal ons dit vir jou gee teen ‘n belaglike lae prys: Eiervrug R4 elk – gewoon en exotic, murgpampoentjies, jalapeno rissies en baba skorsies teen R12.50 per kg. … Lees gerus verderWoelige Woensdag dinge

Posted on