VLAK 1 en ons PLANNE RAAK AL HOE MEER

Daar is ‘n pragtige MTN advertensie wat male sonder tal op RSG gespeel word: ONS IS ONBREEKBAAR,  ONS IS ONVERNIETIGBAAR, ONS IS ONVERSLAANBAAR.  Dit steek in my kop vas en ek glo dit.  Is dit nie tyd dat ons uit ons huise kom en uit ons dop kruip nie?

Ek is borrelend opgewonde.  Dit kan die heerlike lenteweer wees of die vlak 1 aankondiging of die moontlikhede wat voorle.  Verskeie ekonome voorspel dat die ekonomie met ‘n V-kurwe herstel.  Dit sal. Soek die geleenthede.  Benut dit.  Richard Branson het gese as jy ‘n goeie geleentheid aangebied word, VAT DIT.  Jy kan later uitvind hoe jy dit gedoen gaan kry. 

Lees gerus verderVLAK 1 en ons PLANNE RAAK AL HOE MEER

Posted on

Mooi dae, pragtige blomme en ‘n Kookwater Skoolbrief

Dis heerlike Lente. Die wereld blom en die Boland is pragtig. Ons het die pragtigste Orgidiee ruikers (R95 vir 3 stringe blomme) om iemand se dag en huis mooi te maak. Die groot probleem met die orgidiee (uit ‘n besigheidsoogpunt) is dat dit vreeslik lank hou – letterlik weke. Daar is ook heelwat Proteas en die mooiste speldekussings in die winkels.
Die skole is weer oop vir alle grade en ons moet natuurlik ons deel doen om almal se akademiese dae op te helder. Ons sal sorg vir die kosblikke, maar ‘n mens moet altyd ‘n plan B he as dinge verkeerd loop met die take ens. Ek het die mooiste ouerbrief raakgeloop wat ‘n ouer gevra is om te skryf toe Jan Junior se taak nie die sperdatum gehaal het nie. Ek tik dit sommer oor, want die oorspronklike brief was met die hand geskryf en nie baie duidelik nie: … Lees gerus verderMooi dae, pragtige blomme en ‘n Kookwater Skoolbrief

Posted on

Dis LENTE by Kookwater. Ons (en Jimmy’s) BLOM met positiewe idees

Dis lekkerder om te skryf oor iets wat my na aan die hart le – die eerste is die verhaal van Dale Collett. (dis aangeheg). Dit sit my weer aan die dink oor myself. Soos Andrew Carnegie gese het: “AS I GROW OLDER, I PAY LESS ATTENTION TO WHAT PEOPLE SAY. I JUST WATCH WHAT THEY DO”. Sal dit nie wonderlik wees as ons ophou kla oor wat ander mense, die munisipaliteit, die regering, en almal behalwe jyself nie doen nie, en liewer self dit regmaak waaroor jy kla. … Lees gerus verderDis LENTE by Kookwater. Ons (en Jimmy’s) BLOM met positiewe idees

Posted on