Kookwater gaan groot op TV

Ek sukkel om daai trotse glimlag van my bakkies af te kry. Dis vandat ek verlede week daai advertensie van Kookwater Biltong en Kaas op die TV gesien het. Ja nee boeta, jy weet jy speel saam met die groot kinders as jou winkeltjie op TV begin adverteer. Miskien moet ek verduidelik… ‘n Nuwe TV reeks is verlede jaar by my skool – Hugenote HoĆ«rskool op Wellington geskiet: Alles Malan. Doen jouself ‘n guns en kyk hoe ‘n netjiese PUIK skool lyk. Ek loop oor van trots, maar ek dwaal bietjie van die punt af. Die advertensie… In verlede week se episode het hulle ‘n toneel op die pawiljoen geskiet en daar verskyn Kookwater Biltong en Kaas se Advertensiebord toe sowaar op TV. Hoe’s daai?
Ons het hierdie week ‘n paar heerlike nuwe produkte en soos altyd is die pryse uitsondelik laag. Ek moet se ek verstaan nie hoe ons dit regkry om elke liewe week nuwe produkte te kry, maar sowaar – kyk bietjie hier: … Lees gerus verderKookwater gaan groot op TV

Posted on

Dikbekpille en ietsie om ‘DIE OOM’ te bederf

Vir Vadersdag vertel ‘n mens ‘Army’-grappies: Amerika, Brittanje en Rusland wil kyk wie se spesiale magte die beste is en vergader in die Sahara woestyn vir ‘n toets. Die Navy Seals van Amerika word eerste uitgestuur met die opdrag om ‘n kameel te vang. Na 3 ure is hulle terug met ‘n kameel. Die SAS-magte van Brittanje kry dieselfde opdrag en na 12 ure daag hulle ook toe op met ‘n kameel. Rusland se Spesmacht-manne moet ook ‘n kameel gaan soek. Na 18 ure kom hulle daar aan met ‘n olifant wat vol bloukolle en bloed is. … Lees gerus verderDikbekpille en ietsie om ‘DIE OOM’ te bederf

Posted on

Bierbrood, Mieliebrood, Botter, Uie – alles

Dis lekker om aangename verrassings te kry. Ek is mal daaroor. Dit het 2 keer in die laaste week met my gebeur. Laat ek bietjie uitbrei. Ons maak elke oggend die stuk sypaadjie tussen die Diemersfontein robot en die Shoprite robot aan ons kant van die pad skoon van papiere. Die stuk bos op die robot by Diemersfontein het ‘n ongelooflike klomp rommel wat my al baie lank al pla. Groot was my verbasing toe hierdie stuk bos verlede Do/Vrydag pragtig skoongemaak word – dit lyk of een of ander politieke party dit gereel het. Baie dankie. Dis die soort goed wat my aandag trek, nie lee beloftes nie. … Lees gerus verderBierbrood, Mieliebrood, Botter, Uie – alles

Posted on