Hitte, Humor en Harde werk

Ek het respek vir ‘n man wat nie skaam is om hard te werk nie. Ek het verlede Vrydag so ‘n familie daar in Malmesbury ontmoet. Hulle maak Beginsels (Fire Starters). Die vrou van die huis se haar man en 2 neefs en nog ‘n familielid gaan maak die hout op plase wat baie Port Jackson bome het wat hulle uitgetrek het en nou na jare al kurkdroog is. Hulle bring die hout huistoe en die vrou en haar 3 kinders kloof die houtjies fyn en pak die sakke. … Lees gerus verderHitte, Humor en Harde werk

Posted on

Tuindagdinge, koelgoed vir die somer en GROOTMAATAANKOPE

Sondag is tuindag en waar kry jy nou ‘n beter verskoning om jou buurvrou oor te nooi om ‘n koppie of ‘n glasie saam met jou te geniet in jou tuin. Spog ‘n bietjie met die mooi kleure in jou tuin. Daar is nog tyd om ‘n klompie blom- of groenteplantjies in die grond te kry. Met die heerlike reen wat weer vir die volgende paar dae voorspel word, is dit die ideale tyd om jou plantjies ‘n lekker afskop te gee. Ek hou van kleur en baie daarvan is beslis beter as ‘n bietjie. Plant ‘n bietjie kleur in jou tuin en moenie dit net vir jouself hou nie – plant ‘n KLOMP op jou sypaadjie of in jou parkie. … Lees gerus verderTuindagdinge, koelgoed vir die somer en GROOTMAATAANKOPE

Posted on

Droe Tande – Starbucks, Moerbye, Wraps en Laughing Cow

Dit was heerlik om verlede week te sien hoe die ekonomie van ons land weer terugkeer na normaal – sonder vrees. Ek het dit gesien aan die groot hoeveelheid mense op ons paaie met die langnaweek. My vroutjie het dit gesien toe sy 4km buite Wellington die winkel se bloubessies moes gaan haal. Die 8km het 2 en ‘n half uur gevat om af te le. Die Karavane, 4×4’s en naweekgangers het die pad omtrent op horings gehad. Dit het letterlik 2 jaar laas gebeur. BAIE BAIE Dankie. … Lees gerus verderDroe Tande – Starbucks, Moerbye, Wraps en Laughing Cow

Posted on