WEN BLOMME, WEN R1000, WEN ELKE DAG BY KOOKWATER

Die Euromillions jackpot het verlede week op 2 biljoen rand gestaan. Ek het weer begin planne maak wat ek sou maak as ek die paar randjies wen. Ek het dadelik begin om lysies te maak van dinge wat my gelukkig sal maak – ook dinge wat ek sou koop as ek die lottotjie wen. Ek wil jou aanraai om ook so ‘n wenslysie te maak. Een van die goed op my lysie is dat Wellington se parkies geverf sal word en die oomblik toe ek dit neerskryf, besef ek toe dat – soos met baie ander dinge op my lysie – ek nie die Lotto daarvoor hoef te wen nie. Ek moet dit net doen. Noem dit mikpunte of doelwitte of wense, maar maak jou lysie van wat jy sal doen as jy onbeperkte geld het. Maak ‘n laaaaang lys en begin werk aan jou lys. Dis hoe ons vooruit kom in die lewe. Dis hoe die lewe begin sin maak en lekker raak. … Lees gerus verderWEN BLOMME, WEN R1000, WEN ELKE DAG BY KOOKWATER

Posted on

vakansieplanne, Coco pops en Hollandse toeriste

Hello Almal
Ons gaan op verlof vanaf 16 Desember tot 7 Januarie. Ons vra advies en verwysings. Ons kyk na ‘n stil plekkie, nie te veel mense, verkieslik by die see. ‘n Tipe ‘all inclusive’ resort by die Weskus. Ons is bereid om tussen R80 000 en R120 000 te spandeer op verblyf en petrol om die jaar in vrede totsiens te se….. Weet julle dalk waar ons die geld vandaan gaan kry?😁
Lees gerus verdervakansieplanne, Coco pops en Hollandse toeriste

Posted on

Donker Dae en Koningsproteas

Skootrekenaars help nogal baie in hierdie donker dae met al die ‘Black Friday specials’ van Eskom. Batterykrag help ook om Kookwater se masjiene aan te hou. Ons laat ons nie onderkry deur nietighede soos beurtkrag nie. Dis so maklik om moedeloos te raak. Daar is vele redes om moed op te gee, maar daar is veel meer nog beter redes om positief te bly: … Lees gerus verderDonker Dae en Koningsproteas

Posted on

Kookwater Avo’s, Parkies en Produktiewe jare

Ek het respek vir ‘n man wat nie skaam is om hard te werk nie. Ek het verlede Vrydag so ‘n familie daar in Malmesbury ontmoet. Hulle maak Beginsels (Fire Starters). Die vrou van die huis se haar man en 2 neefs en nog ‘n familielid gaan maak die hout op plase wat baie Port Jackson bome het wat hulle uitgetrek het en nou na jare al kurkdroog is. Hulle bring die hout huistoe en die vrou en haar 3 kinders kloof die houtjies fyn en pak die sakke. … Lees gerus verderKookwater Avo’s, Parkies en Produktiewe jare

Posted on