Dikbekpille en ietsie om ‘DIE OOM’ te bederf

Vir Vadersdag vertel ‘n mens ‘Army’-grappies: Amerika, Brittanje en Rusland wil kyk wie se spesiale magte die beste is en vergader in die Sahara woestyn vir ‘n toets. Die Navy Seals van Amerika word eerste uitgestuur met die opdrag om ‘n kameel te vang. Na 3 ure is hulle terug met ‘n kameel. Die SAS-magte van Brittanje kry dieselfde opdrag en na 12 ure daag hulle ook toe op met ‘n kameel. Rusland se Spesmacht-manne moet ook ‘n kameel gaan soek. Na 18 ure kom hulle daar aan met ‘n olifant wat vol bloukolle en bloed is. … Lees gerus verderDikbekpille en ietsie om ‘DIE OOM’ te bederf

Posted on

Bierbrood, Mieliebrood, Botter, Uie – alles

Dis lekker om aangename verrassings te kry. Ek is mal daaroor. Dit het 2 keer in die laaste week met my gebeur. Laat ek bietjie uitbrei. Ons maak elke oggend die stuk sypaadjie tussen die Diemersfontein robot en die Shoprite robot aan ons kant van die pad skoon van papiere. Die stuk bos op die robot by Diemersfontein het ‘n ongelooflike klomp rommel wat my al baie lank al pla. Groot was my verbasing toe hierdie stuk bos verlede Do/Vrydag pragtig skoongemaak word – dit lyk of een of ander politieke party dit gereel het. Baie dankie. Dis die soort goed wat my aandag trek, nie lee beloftes nie. … Lees gerus verderBierbrood, Mieliebrood, Botter, Uie – alles

Posted on

rustige vakansiedagplanne

Mensig, maar ‘n vakansiedag so in die middel van die week is darem maar lekker. 4 kort weke in ‘n ry kan ‘n mens nogal luilekker maak. Vasbyt, volgende week is alweer ‘n kortetjie. ‘n Mens raak lusteloos en weet nie meer wat om te doen met al jou afdae nie. Wees nie bevrees nie, Kookwater het, soos altyd, ‘n plan. Vandag is ‘n ideale geleentheid om rustig deur al ons produkte te kom loer. … Lees gerus verderrustige vakansiedagplanne

Posted on

Langnaweekwenners

As jy sien die Vryheidsfrontplus het die hele kabinet oorgeneem, die Springbokke is weer nommer 1 in die wereld, petrol kos weer R1.20 per liter, Biltong word die naweek gratis by jou huis afgelewer en die vis byt weer….. moet jy weet die dagga wat … Lees gerus verderLangnaweekwenners

Posted on

plantjies, Koeksisters en Croissants

Gister se reen het weer iets wakker gemaak in my. Daai gevoel om te boer. As dit koeler raak, het ek mos sommer heelwat meer energie en lus om die tuin te pak. Ons winkels blom met die pragtigste Afrikanertjies (vir kleur en om die goggas weg te hou). Daar is ook die mooiste (lekker sterk) groenteplantjies – 3 soorte blaarslaai, mooi groot tamatieplante, Chinese slaai, Rissieplantjie en selfs nog ‘n paar basiliekruid. Kweek jou eie groente. Dis erg gesond. … Lees gerus verderplantjies, Koeksisters en Croissants

Posted on

Tamaties en Croissants

Dit pla my al heel somer – die helderskoon water wat die koelkamers maak, sonder dat ons dit kan gebruik om plantjies nat te maak. Nou het ons uiteindelik weer plantjies teen R8.50 per sespak : Afrikanertjies, Tamatieplantjies en Basiliekruid(min). Die koeler weer laat mens mos weer lus wees vir tuinmaak. (jy moet iets maak met jou gryswater.) … Lees gerus verderTamaties en Croissants

Nuwe Produkte

Begin maar betyds voorberei vir Vaaltyndag – mans en dames. Dis altyd belangrik om maar by die basiese dinge te hou: “Girls – unless he wears a diaper, you can’t change him”. Koop maar net vir hom iets lekkers en hoop vir die beste. Geniet die hitte (en ons afkoelprodukte) … Lees gerus verderNuwe Produkte

Posted on