RAAD VIR HAAI AANVALLE – Sappies, Dip&Crunch en Beetslaai

Skakel lekker af. Vir die vakansiegangers by die see: RAAD VIR HAAI AANVALLE..
1. Moenie in die see swem nie. Meer as 99% van haai aanvalle kom voor in groot watermassas soos die oseaan.
2. Swem saam met vet mense. Die kanse dat jy vinniger as hulle kan wegkom van die haai af is goed.
3. Moenie paniekerig raak nie. Bly kalm as ‘n haai jou byt. Jy is in elk geval in jou kanon in. Dis nie nodig om die kinders op die strand bang te skree nie. … Lees gerus verderRAAD VIR HAAI AANVALLE – Sappies, Dip&Crunch en Beetslaai

Posted on

Kookwater en die Emosionele Bagasie

Ek het vir my tasse gese dat ons nie vanjaar op vakansie gaan nie….. Nou sit ek met ‘n klomp emosionele bagasie.

Die Tuinroete, Frans Tuisbly se karretjie, maak nie saak wat jy dit noem nie, ons gaan nerens heen nie. Wie’s bang? Hier gaan ons dit lekker maak. Kookwater het wyd en syd aankope gedoen en ons het lekker goed om hierdie tyd HEERLIK te maak: … Lees gerus verderKookwater en die Emosionele Bagasie

Posted on

Kookwater Pizzas, Kinder Joy, 2021 kon erger gewees het

Jy verdien die blaaskans. Of dit nou Hentiesbaai of Gansbaai of Tietiesbaai of STENDBAAI (by die werk) is, ontspan net en geniet dit. 2021 was erg, maar dit kon erger gewees het. Blouwillemaandag in Maandag se Burger vertel van Piet wat altyd gese het:’Dit kon erger gewees het’. Sy vriende besluit om hom te toets. Hulle vertel hom van Koos wat gisteraand vroeer van die myn af huis toe gekom het en sy vrou, Sarie saam met ‘n ander man betrap in die katel. Koos neem daar en dan sy geweer en skiet vir Sarie, die ander man en homself almal morsdood. Piet se reaksie: “Dit kon erger gewees het”. Sy vriende vra hoe dit moontlik erger kon wees. Piet: “As dit Woensdag gebeur het, was ek nou dood”. 2021 was erg, maar dit kon erger gewees het. As jy nog hierdie brief lees, is jy ‘n sprekende voorbeeld daarvan dat dit erger kon wees. … Lees gerus verderKookwater Pizzas, Kinder Joy, 2021 kon erger gewees het

Posted on

PIZZAS, KIRI Dip & Crunch en Vakansiebederfies

Almal gaan weer see toe. Dis net Hentiesbaai, Gansbaai, Bettiesbaai en Tietiesbaai. Ek is net op Stendbaai.. Moenie jouself jammer kry nie. Oom Kookwater gaan ook nerens heen nie. Die geheim is in die beplanning om jouself te bederf. Hierin is Kookwater meesters. Niemand gaan jou mos keer om elke aand te braai nie (by die see of by die huis). Die geheim is in die afwisseling – na 10 aande moet jy die Dokter inroep (nie vir die Gout nie) – Dr Oetker – vir die RISTORANTE PIZZAS. ‘n Verandering is so goed soos ‘n vakansie. ONS VERKOOP NOU PIZZAS TEEN 3 VIR R90. Dis mos nou vakansie. … Lees gerus verderPIZZAS, KIRI Dip & Crunch en Vakansiebederfies

Posted on

Ferrero Rocher Kersversierings, klaspartytjies en Parkies vir Kersfees

Dit kon net sowel ‘n hoofstuk uit een van Dana Snyman se boeke wees wat ek gister aangehoor het in ‘n parkie in Wellington. ‘n Jong ma en haar dogtertjie nader my. Jammer om te pla, maar Uncle, se vir haar julle gaan die parkie mooi maak. Sy willie my glo nie. Ek se ons gaan so maak. Sy draai na die dogtertjie toe met ‘n positiewe bevestiging: DIS MOS KERSFEES. Ek het ‘n traan gepik en weggekyk. Doen iets in jou gemeenskap – mense het jou nodig. Wat van ‘n kersboom in julle parkie versier? Geskenkpakkies uitdeel vir die bejaardes? Bak ‘n koek vir die kinders in die buurt? Doen net iets. (Wat jy ook al doen, moet asseblief nie geld of kos gee vir die straatkinders in Wellington nie. Hulle het huise, hulle kan elke dag kos kry by hul skole of by die kerk, hulle is besig om kriminele te word, omdat ons hulle so leer). … Lees gerus verderFerrero Rocher Kersversierings, klaspartytjies en Parkies vir Kersfees

Posted on