Dankie, Dankie, BAIE Dankie. Julle is Kookwater Kastemers

Dis nodig om gereeld Dankie te se. Van Kookwater se kant af wil ons baie dankie se vir die ondersteuning dwarsdeur 2020 en deur al die jare. Dis heerlik om vriendelike mense in die winkel te ontmoet wat altyd groet en glimlag (al is dit met die oe) agter die maskers. Om die dankiese nie net lippetaal te maak nie, het ons besluit om die Swart Vrydag ding sommer vir twee weke te laat aanhou. Die eerste week het sekere produkte teen uiters lae pryse. As dit nog hou die volgende week, sal die prys ook laag bly. Volgende Maandag sit ons nog ‘n klomp lae pryse by. Hierdie week het 3 groepe lae pryse: … Lees gerus verderDankie, Dankie, BAIE Dankie. Julle is Kookwater Kastemers

Posted on

AAKLIGE MANIERE, SIES!

Hoekom is mense so aaklig? Hulle se gedurig dinge wat seermaak, soos: Wil jy draf? of Eet jou slaai. Daar is mooier maniere om die boodskap oor te dra. Jy kan jou gesond eet met die lekkerste produkte teen brandmaer pryse by ons Kookwater winkels: … Lees gerus verderAAKLIGE MANIERE, SIES!

Posted on

Positiewe KOOKWATER gedagtes

As jy R86 400 in jou bankrekening het en iemand steel R10, sal jy so ontsteld wees dat jy die orige R86 390 weggooi net om hom/haar terug te kry? Dit maak mos nie sin nie. Niemand sal dit doen nie, maar tog…. Jy het 86 400 sekondes in elke dag. Hoekom toelaat dat een of ander hoender se 10 sekondes van negatiewe opmerkings die orige 86 390 sekondes van jou dag opmors? … Lees gerus verderPositiewe KOOKWATER gedagtes

Posted on

CAMEMBERT en GROOTMAAT KOELDRANK

Een van die vrae wat ek die meeste gevra word, is: As ek grootmaat koop, wat is die beste prys? UITEINDELIK word hierdie ouens se droom bewaarheid. Ons gewone uiters lae prys op Bashew blikkies is R5.50. Hierdie is baie gewild. Ons het nou ‘n grootmaatprys op 2 soorte Bashews: Cola en Iron Brew. As jy 24 of meer koop kos dit net R100 per pak van 24. Dis R4.17 per blikkie. Gaan groot.
Die voorraad Ceres sappies (R21 vir 6x200ml) raak vinnig minder, maar hou nog. Ons het ook ‘n paar ander hittebrekers: … Lees gerus verderCAMEMBERT en GROOTMAAT KOELDRANK

Posted on

Dis LENTE by Kookwater. Ons (en Jimmy’s) BLOM met positiewe idees

Dis lekkerder om te skryf oor iets wat my na aan die hart le – die eerste is die verhaal van Dale Collett. (dis aangeheg). Dit sit my weer aan die dink oor myself. Soos Andrew Carnegie gese het: “AS I GROW OLDER, I PAY LESS ATTENTION TO WHAT PEOPLE SAY. I JUST WATCH WHAT THEY DO”. Sal dit nie wonderlik wees as ons ophou kla oor wat ander mense, die munisipaliteit, die regering, en almal behalwe jyself nie doen nie, en liewer self dit regmaak waaroor jy kla. … Lees gerus verderDis LENTE by Kookwater. Ons (en Jimmy’s) BLOM met positiewe idees

Posted on

DIE OU VERJAAR! en Kookwater hou partytjie

Die OU verjaar net een keer ‘n jaar en ons Kookwater winkels laat nie ‘n kans verbygaan om lekker fees te vier nie. Ons gaan groot met lae pryse. Kyk gerus of jy enige ander winkel NAAABY aan ons pryse kry. Geen kans nie. Daar is bietjie baie, so ons deel dit op in 4 kategoriee. Kyk bietjie hier:
DRINKGOED: SAP, SAP, SAP, YSTEE, ENERGIEDRANKIE … Lees gerus verderDIE OU VERJAAR! en Kookwater hou partytjie

Posted on

Positiewe manne met Kookwaterplanne – so tussen die rook en drink deur

Vir my mede Entrepeneurs wil ek net se: If you can run a business IN LEVEL 3 LOCKDOWN, WITH STAGE 2 LOAD SHEDDING, IN A DOUBLE RECESSION WITH NO BEE CERTIFICATE – YOU CAN MAKE IT ANYWHERE IN THE WORLD. Ons sal nie moed opgee nie. Ons sal elke dag opstaan met ‘n lied in die hart (al bewe die liggaam) en ONS PLANNE SAL NIE OPRAAK NIE. … Lees gerus verderPositiewe manne met Kookwaterplanne – so tussen die rook en drink deur

Posted on

Haal die Ys uit jou lewe

My rit na Darling in die ysige koue en reen was eenvoudig hemels. Met die lae wolke, die plate varkblomme, grasgroen en goudgeel landerye en die reuk van 800 orgidiee blomme in die motor, was my dag gemaak. My tande was kurkdroog van glimlag oor die mooi in die lewe. … Lees gerus verderHaal die Ys uit jou lewe

Posted on