Groenteplantjies vir WYSNEUSE

Die weer is reg (eintlik heerlik) en Kookwater help jou om die boer in jou wakker te maak. Maak jou eie groentetuin. Ons het heerlike plantjies om jou eie vars groentes te kweek: Blomkool, Kopkool, Broccholi, Brusselse spruite en dwerg Spinasie teen slegs R9.50 per sespak. Ons het ook Pietersielie en Basiliekruid (Basil) teen R9.50 per sespak. Plant ook ‘n paar Madeliefiebosse teen R20 (Daisies) vir ‘n bietjie kleur in die tuin. Die nuutste jong Entrepreneur in die dorp is die 11 jarige AJ du Plessis. … Lees gerus verderGroenteplantjies vir WYSNEUSE

Posted on

SOPBENE, SAP – STARBUCKS en Blikke

Die ouens wat weet se ons gaan heerlik reen kry. Die Rossouws is reg daarvoor. Ons het gister lekplekke reggemaak, geseel waar geseel moet word en toegestop waar toegestop moet word. Ek kan nie wag om te sien of dit weer gaan lek nie.
Mammie gaan ‘n GROOT pot sop maak. Perfek vir die stormweer. Kookwater het natuurlik heerlike sopbene ingekry teen slegs R10 per kg. Koop ‘n klomp – gee dit weg saam met die idee van ‘n lekker pot sop. Die beste plan is egter om ‘n ekstra pot sop te kook en dit weg te gee vir iemand wat vanaand gaan koud kry.
Ek is taamlik opgewonde oor die lekker nuwe produkte wat ons nou in die winkel het. … Lees gerus verderSOPBENE, SAP – STARBUCKS en Blikke

Posted on